LES SES
DANIËL IN DIE LEEUKUIL
Die Here God is ons
Bewaarder en Beskermer.
DOEL
i) Om die kind te verseker dat alle dinge meewerk ten goede vir hulle wat aan God gehoorsaam is.
ii) In hierdie les val die klem op onderrig vir wedergebore kinders. Indien ‘n evangelieboodskap in dieselfde lesuur nodig geag word, kan ‘n kort voorwerples of ‘n geselsie rondom ‘n gepaste koortjie vir die doel voorberei word. Bied dit aan voor die les.
SKRIFLESING VIR DIE ONDERWYSER
Daniël 6 : 1 - 29: Daniël 9
TEKSVERS
“Werp all julle bekommernisse op Horn, want Hy sorg vir julle.” (1 Petrus 5 : 7)
Hal. 419 Op berge en in dale.
Maak ook gebruik van die liedjies uit die vorige lesse.
VISUELE HULPMIDDELS
Agtergronde: Troonkamer van die paleis
Prente: 18. 33. 34. 35. 36. 37. 38a. 38b. 38c. 39. 40.
Teksvers: Skryf die teksvers op “n groot vel papier of op ligte karton in
die vorm van ‘n leeu.
DIE LES
Vandag kom ons by die laaste verhaal uit die lewe van Daniël. Dis ‘n storie
wat baie van julle al gehoor het, maar as julle mooi luister, sal julle nuwe
dinge hoor wat julle nog nie weet nie. Elke keer as ons die Woord van God, die
Bybel, oopmaak en die Here vra om ons daaruit te leer, dan wys die Heilige
Gees, ons onderwyser, vir ons dinge wat ons nog nie raakgesien het nie, al het
ons die betrokke deel al oor en oor gelees.
Kom ons kyk eers of ons die vyf verhale wat ons alreeds uit Daniël se lewe
gehoor het, kan onthou. (Hersien kortliks les 1 tot les 5 en veral die
teksverse.)
TONEEL EEN
(Daniël 6:1-3)
Agtergrond: Troonkamer van die paleis
Prente: 33.
Darius: 34. ministers: 35. Daniël.
Daar is ‘n nuwe koning in Babilonie! Die Mede en Perse het die Galdiërs oorrompel en hul hoofstad Babel ingeneem. Koning Belsasar is. Die nuwe koning is Darius. (Plaas 33) Hy het die regering herorganiseer.
Hy het honderd en twintig goewerneurs aangestel om oor sy hele ryk te regeer. Oor hulle was daar drie ministers aan wie die goewerneurs moes rekenskap gee. Een van die ministers was belangriker as die ander twee, (Plaas prent 35) en hierdie belangrike pos is aan Daniël gegee (Plaas prent 34) omdat hy bo die ander uitgeblink het deur sy buitengewone bekwaamheid.
Die ander ministers en die goewerneurs het gehoor dat die koning van plan was om hom oor die hele ryk aan te stel.
Hulle het gevoel die koning trek vir Daniël
voor. Hulle was jaloers op hom. Elkeen van hulle wou graag self daardie pos
gehad het! God se Woord leer vir ons dat jaloesie sonde is. God gee self vir
elkeen van ons wat Hy weet is goed vir ons. As ons jaloers is op ander wat,
soos ons dink, meer het as ons. Dan beteken dit ons is nie tevrede met wat die
Here ons gegee het nie.
Maar hierdie manne was jaloers. Hulle
probeer toe uitvind of Daniël iewers ‘n fout gemaak het in sy administrasie van
die koning se sake, sodat hulle horn by die koning kon beskuldig, maar daar was
niks. “Want Daniël was betroubaar en was aan geen nalatigheid of
onreelmatigheid skuldig nie.” (Verwvder 33. 34- 35)
Is dit nie wonderlik dat hierdie manne geen
fout by Daniël kon kry nie? Hulle het net dit gevind hoe betroubaar hy was.
Elke dag was hy getrou besig met die werk wat hy veronderstel was om vir die
koning te doen en hy het dit gedoen asof hy dit vir die Here doen. As ons
skottelgoed was, winkel toe gaan, ons lesse leer en ons ouers gehoorsaam net
soos ons dit vir die Here sou doen, dan maak dit ‘n groot verskil, want dan kan
ons dit alles doen met ‘n blye hart.
Daniël se vyande besluit toe: “Ons sal niks teen hierdie Daniël kry nie, behalwe as ons iets kan kry in verband met sy godsdiens.” Toe bedink hulle ‘n baie lelike plan om Daniël te vang, maar eers moes hulle dit so konkel dat die koning sou saamwerk sonder dat hy besef dat hy deel van ‘n plan teen Daniël was.
TONEEL TWEE
DIE MINISTERS EN GOEWERNEURS SE PLAN
(Daniël 6 : 4 - 9)
Agtergrond: Onveranderd.
Prente: 33. Darius: 35. ministers.
(Plaas 33)
“Mag die koning baie lank lewe!” groet die ministers en goewerneurs toe
hulle by koning Darius binnekom, (Plaas 35) en gaan voort, “Ons het ooreengekom
dat daar ‘n koninklike dekreet uitgevaardig moet word. Die dekreet moet baie
streng bepaal dat enigiemand wat gedurende dertig dae enige god of mens aanbid
behalwe vir u, u majesteit, in ‘n leeukuil gegooi moet word.” Hulle is sommer
haastig daarmee. “Stel dan nou so ‘n dekreet op en vaardig dit skriftelik uit
sodat dit nie verander kan word nie.”
Koning Darius het toe so ‘n wet neergeskryf en onderteken, sonder dat hy
besef het dat hulle beplan om vir Daniël, sy getrouste amptenaar, daarmee te
vang. (Verwyder prente.)
TONEEL DRIE
DANIËL BID
(Daniël 6 : 11)
Agtergrond: Eenvoudige kamer. Heg met kopspelde ‘n woldraad aan die
bord vas om die deur voor te stel soos in die diagram aangedui
Prente: 35. ministers: en 36. Daniël wat bid.
(Onderwyser
(es): Lees Daniël 9 om die aansluiting hier te kan
maak.)
Julle onthou dat Daniël en sy mense nie eintlik in Babilon tuis gehoort het nie. Hulle eie land was ver daarvandaan. Die Israeliete is na Babilon geneem as straf omdat hulle nasie nie vir God gehoorsaam het nie. Dit klink vir ons asof God onregverdig was teenoor Daniël en die ander Israeliete wat vir Horn gehoorsaam was. Maar God is nooit onregverdig nie. Alles wat met sy kinders gebeur, is vir hulle ten goede solank hulle Horn gehoorsaam. Daniël het die Woord van die Here lief gehad en bestudeer.
Gedurende die eerste jaar van koning Darius se regering het hy gelees dat die Here aan die profeet Jeremia gesê het (Jeremia 25 : 11.) dat sy volk vir 70 jaar in Babel sou moes bly omdat hulle die Here God verlaat het.
Toe Daniël dit sien, het hy baie
ernstig begin bid. (Plaas 36) Hy het die sondes van sy volk bely. Ons lees sy
woorde in Daniël 9 waar hy sê: “Ek het tot die Here my God gebid en bely: Ag
Here, .... ons het gesondig, ons het oortree, ons het verkeerde dinge gedoen,
ons was opstandig en het nie gelewe volgens u gebooie en u bepalings nie.”
Daniël het baie ernstig gebid en gesmeek dat
die Here sy mense uit die ballingskap in Babel sal verlos en na hulle land
terugneem.
Selfs nadat die koning die wet gemaak het dat niemand enige ander god of
mens mag aanbid behalwe die koning nie, het Daniël aangehou om dit te doen.
(Lees Daniël 6 : 11 aan die klas voor.)
Dit was net waarvoor die ministers en goewerneurs gewag het! (Plaas 35) Hulle het ook nie nodig gehad om lank te wag nie, want Daniël het drie keer per dag gebid. En hy het nie die koning aanbid nie! Hy het die Here God aanbid. Die Skepper van die hemel en die aarde, die God vir wie hy nog elke dag gedien het vandat hy in Babel aangekom het. Dit het blykbaar nie vir horn saak gemaak wat konings, ministers of goewerneurs kan doen nie. Hy het vertrou op die Almagtige God wat alles vir horn ten goede sou laat uitwerk. En daar het sy vyande hom gekry, besig om te bid. Hulle was verheug dat hulle plan geslaag het. (Verwyder prente.)
(Daniël 6 : 13
-15.)
Agtergrond: Troonkamer van die paleis
Prente: 33. Darius en 35. ministers.
(Plaas 33.)
Haastig het die ministers en die goewerneurs
voor die koning gekom (Plaas prent 35.) en gemaak, onskuldig gevra: “Het u, O
koning, nie ‘n wet gemaak dat elkeen wat gedurende dertig dae enigiemand anders
as u aanbid, in die leeukuil gegooi moet word nie?” “Ja!” sê die koning. “En
dit staan vas. Dis ‘n wet wat nie herroep kan word nie.” Toe vertel hulle hom
hoe Daniël die wet oortree, want hy bid drie maal per dag tot sy God. Toe die
koning dit hoor, het hy baie sleg gevoel dat hy die wet gemaak het, want hy het
Daniël liefgehad. Die hele dag het hy probeer om ‘n plan te beraam om Daniël te
red en toe die son ondergaan het hy nog steeds probeer. Maar die koning self
kon nie die wet verander wat hy geskryf en onderteken het nie. (Verwyder 33 en
35.)
(Daniël 6 : 16 – 25.)
Agtergrond: Donker effekleurige agtergrond.
Prente: 37. Daniël: 38a. 38b. 38c. leeus: 39. Darius; 40. engel.
Die koning moes toe maar die bevel gee dat hulle Daniël in die leeukuil moes gooi, maar voordat dit gedoen is, het die koning lets wonderlik vir Daniël gese: “Mag jou God. Wat jy met soveel volharding dien, jou red.” Ook die koning het geweet hoe getrou Daniël aan die Here was. Hy het ook geweet dat die God van Daniël baie krag het. Hy het al van sy wonderdade gehoor. Dit is wonderlik dat Daniël se lewe so was dat ander mense kon sien dat hy God dien. Kan jou vriende sien dat jy God dien? Na watter musiek en TV programme luister en kyk jy? Watter boeke en tydskrifte lees jy?
Oor watter grappe lag jy? By watter geselskap is jy speeltye tuis?
As jou lewe toon dat jy God dien, sal jou maats baie meer gewillig luister as jy met hulle praat oor die Here. Daniël se lewe het harder ‘gepraat’ as sy woorde.
(Plaas 37, 38a. 38b, 38c.) Maar nou was hy in
die leeukuil. Kon God hom werklik daar bewaar? ‘n Groot klip is gebring, op die
opening van die leeukuil gesit en die koning het dit verseel sodat dit nie
oopgemaak kon word nie.
Die koning het na sy paleis gegaan, maar hy
het die nag nooit geslaap nie. Hy wou nie eens eet of na musiek luister nie. So
ontsteld was hy oor Daniël.
Toe dit lig word die volgende oggend, het hy
opgestaan en haastig na die leeukuil gegaan. (Plaas 39) Daar gekom, het hy
bekommerd na Daniël geroep en gevra: “Daniël. dienaar van die lewende God, was
jou God in staat om jou van die leeus te red?” En Daniël antwoord: “Mag die
koning baie lank lewe! My God het sy engel gestuur (Plaas 40) om die bekke van
die leeus toe te sluit sodat hulle my niks kon aandoen nie, want Hy het bevind
dat ek nie teen Hom oortree het nie. Ook teen u het ek niks verkeerds gedoen
nie, u majesteit.”
Hoe bly was die koning om Daniël se
stem te hoor! Die leeus het niks aan horn gedoen nie omdat hy op sy God vertrou
het. Toe het die koning beveel dat Daniël uit die leeukuil opgetrek moes word
(Verwyder al die prente) en dat
daardie manne wat hom beskuldig
het, ingegooi moes word. Hulle het nog nie eens onder grond gevat nie of die
leeus was op hulle om hulle te verskeur.
Vir wie het die Here gestuur om Daniël te
beskerm? Ja, ‘n engel. (Plaas 40) Het julle geweet dat elke geredde kind ‘n
engel het wat oor hom of haar waghou? (Matteus 11 : 10) Engele se spesiale werk
vir die Here se kinders is om hulle teen liggaamlike kwaad te beskerm. (Psalm
91 : 11) “Hy sal sy engele opdrag gee om jou te beskerm waar jy ookal gaan.
(Verwyder 40)
Die koning het daardie nag nooit geslaap nie,
maar Daniël het dalk heel rustig geslaap daar tussen die leeus. Hy het geheel
en al op die Here vertrou om te doen wat goed is vir hom. Hy was gewillig om
dood gemaak te word of lewendig te bly, net wat die Here die meeste sou
verheerlik.
Hy het al sy bekommernis op die Here gewerp en die Here het vir horn gesorg. (Herhaal 1 Petrus 5 : 7)
TONEEL SES
DARIUS SE OMSENDBRIEF
(Daniël 6 : 26 - 28.)
Agtergrond: Troonkamer van die paleis
(Plaas 18 en 33)
Koning Darius was geweldig beïndruk met wat gebeur het. Hy was so beïndruk dat hy ‘n brief geskryf het aan al die volke, nasies en taalgroepe in sy koninkryk. Luister na wat hy geskryf het! (Lees Daniël 6 : 27 en 28 aan die klas voor.)
Die goewerneurs het bedoel om vir Daniël kwaad aan te doen maar die Here het dit ten goede verander. Die hele koninkryk van Darius het gehoor van die ware God en sy wonderdaad om Daniël van die leeus te red.
SLOT
Julle het ook vandag gehoor van die ware God en dat Hy die mag het om mense te red. Hy wil ons red van iets baie erger as leeus. Hy wil jou red van ‘n ander soort dood. Laat my verduidelik: Die Here sê in Romeine 6 : 23 dat “die loon wat die sonde gee, is die dood”. Daardie ‘dood’ beteken dat ons van God verwyder sal wees vir ewig en ewig. Van daardie dood wil God ons almal red. Hy wil ons ‘n plek gee in die hemel, by Hom. Wil jy vandag van daardie dood gered word? Ek sal dit graag verder met jou wil bespreek na afloop van ons klas.