LES VYF
DANIËL LEES DIE GEHEIMSINNIGE HANDSKRIP
Jy moet gereed wees om God te ontmoet.
DOEL
i) Om die Christen kind aan te moedig tot standvastigheid
en getrouheid aan God, sodat hy / sy nie skaam hoef te wees om God te ontmoet
nie.
ii) Om die ongeredde kind gereed te maak om
God enige oomblik te ontmoet.
SKRIFLESING VTR ONDERWYSER(ES)
Daniël 5 : 1 - 31
TEKSVERS
"'Geweeg': u
is geweeg en te lig bevind." (Daniël 5 : 27)
(Die teksvers word in lesverband aan
die klas verduidelik en geleer.)
Agtergrond: Binne in die paleis
Teksvers: Skryf die teksvers op 'n groot vel
papier of op ligte karton in die vorm van ‘n weegskaal en skryf die woorde
daaroor.
VOORGESTELDE LIEDERE
Evangelie-liedere van Christelike
Uitgewers Maatskappy No 4 "Wanneer Gods basuin sal klink"
Ps/Ges Ges 168 Getroue Heiland
Ps/Ges Ges 177 Ek sien 'n nuwe
S & L 3 As Jesus Kom
S & L 16 Die Here Kom!
J.S.B.88 Kyk. Hy Kom weer
J.S.B- 39 Aan almal wat Horn
Hal 105
Verhef jul hemelpoorte
DIE LES
"Bessie!" sê Mnr. Black toe hy die
Sondagskoolregister invul. Stilte. "Bessie?" vra Mnr. Black weer.
Weer is daar geen antwoord nie. Bessie is afwesig. Mnr. Black wonder waar sy is, want hy is lief vir haar. Hy het
haar eendag op die stoep van 'n armoedige huisie gekry. Haar klere was verslete
en sy het so verwaarloos gelyk- Toe Mnr. Black haar na die Sondagskool uitnooi,
het sy gretig geantwoord: "Ek sal Sondag kom!" Toe het sy na haar ou
rokkie gekyk en gesê miskien sal sy tog nie kom nie.
Iets wonderliks het die volgende dag gebeur!
'n Groot papiersak vol nuwe klere het op haar huis se stoepie gestaan! Al die
klere het haar gepas! Daarna was Bessie elke Sondag by die Sondagskool. Sy het
altyd met 'n vrolike stemmetjie 'teenwoordig' geantwoord as haar naam afgelees
word vir die register.
Die dag toe sy die Here Jesus in haar hart
ontvang het, was Mnr. Black net so bly soos sy.
Toe Mnr. Black daardie Sondag na Sondagskool
huis toe loop, loop en dink hy aan die register in die hemel. Hy weet as Bessie
se naam op daardie hemelse register afgelees word, sal sy daar wees, want sy is
gered. Sy is 'n kind van die Here.
Toe Mnr. Black by die huis kom, het hy gaan
sit en 'n lied geskryf: "When the roll is called up yonder I'll be
there." Ons sing dit ook in Afrikaans. Bessie het nooit weer na die
Sondagskool gegaan nie, want sy was ernstig siek. Na 'n paar weke het die Here
haar geneem om saam met Horn in die hemel te wees. Die Sondagskoolkinders het
haar gemis, maar Mnr. Black het hulle getroos en gesê, "Dink daaraan: as
die hemel se register gelees word, sal Bessie vrolik se, 'Teenwoordig!'"
Dink terug aan ons vorige Bybelles. Dink julle koning
Nebukadnesar sal vir die hemel se register teenwoordig wees? Ja, ons glo dat
Nebukadnesar, nadat hy soos 'n dier in die veld moes lewe, met sy hele hart na
God toe gekom het.
TONEEL EEN
BELSASAR SE FEESMAAL
(Daniël 5:1-4)
Agtergrond: Binne in die paleis.
Prente: 26. banketsaal; en 'n paar van die bekers
Die
jare het verbygegaan. Koning Nebukadnesar is later dood en 'n koning met die naam van
Belsasar was koning in sy plek. Daniël, die profeet van God, was ook al ouer
maar hy was nog steeds 'n belangrike man in die regering van Babilonie.
Die nuwe koning, Belsasar, het niks omgegee
vir die God van Daniël nie. Hy het die geskiedenis van Nebukadnesar goed geken
en het geweet dat Nebukadnesar die ware God erken het, maar hy het horn glad
nie daaraan gesteur nie.
Een aand het koning Belsasar 'n groot ete
gegee vir sy duisend hoofamptenare. (Plaas 26.) Dit was 'n groot banket
en daar was ook baie wyn. Die koning het saam met sy amptenare gedrink.
Toe hy onder die invloed van die wyn was, het
hy bediendes gestuur om die goue en silwer
bekers te gaan haal
wat koning Nebukadnesar uit die
tempel in Jerusalem gebring het. (Heg die bekers aan die tafel vas met
wondergom.) Julle onthou, in die eerste les oor Daniël het ons gehoor hoedat
koning Nebukadnesar teen Jerusalem gaan veg het en baie van die inwoners gevang
en na Babel weggevoer het. Daniël en sy vriende was ook onder die wat Babel toe
geneem is.
Daardie tyd het Nebukadnesar ook die goue en
silwer bekers wat in die tempel van God in Jerusalem was, geneem en in die
skathuis van sy afgode in Babel laat bêre. Hierdie bekers was heilig, gewy aan
die diens van God. Dit was net vir gebruik in die tempel in Jerusalem, maar
koning Belsasar het dit laat haal sodat hy en sy amptenare daaruit kon drink.
Dink julle koning Belsasar se naam sal in die register in die hemel wees? Nee.
Glad nie! Hy het niks omgegee vir die dinge van God nie.
Dit was 'n verskriklike ding wat hy gedoen het. Hy en sy gaste en sy
vrouens het wyn uit die heilige bekers gedrink en terwyl hulle dit doen, het
hulle hul afgode geprys - afgode wat van goud, silwer, brons, hout en klip
gemaak is en hulle nie eens kon hoor nie. Skielik het daar iets gebeur!
(Daniël 5:5-6)
Agtergrond: Onveranderd. Prent(e): 26, banket tafel (laat onverander): 28.
die skrif teen die muur.
In die helder lig van die kandelaar
het 'n mensehand verskyn en begin skryf teen die witgepleisterde muur. Daar was
geen mens nie, net die vingers wat skryf teen die muur. (Plaas 28.) Die koning word bleek van skrik. Sy knieë
kap teenmekaar soos hy bewe van vrees.
Hoekom, dink julle, was Koning Belsasar so
bang? (Laat die kinders bespreek. Help hulle om te verstaan dat hy waarskynlik
nie geglo het dat daar 'n lewende God is wat horn vir sy sondes sou straf nie.)
En wat van jou? Nee, jy sal nie 'n handskrif aan die muur
sien nie en jy doen nie die sondes wat Belsasar gedoen het nie. Maar die Here
het in die Bybel geskryf dat almal van ons ook sondig is. Jy weet dit is waar
en jy is bang om God te ontmoet want jy behoort nie aan Horn nie. Moet jy nie
vandag wegdraai van jou sonde en na die Here kom nie? As jy dit wil doen. kom
gesels met my daaroor na afloop van die klas.
Die koning en sy amptenare kon nie die skrif aan die muur lees nie, want dit was in 'n vreemde taal. "MENE, MENE, TEKEL UFARSIN" (of PERES) het daar teen die muur gestaan.
TONEEL DRIE
(Daniël 5 : 7 - 12)
Agtergrond: Onveranderd.
Prent(e): 9a, 9b, 9c, voorspellers, sterrekykers,
besweerders: 26, bankettafel: 28, skrif teen die muur; 29, Belsasar; 30, koningin.
Bleek en bewend staan koning Belsasar van die tafel af op. (Verwyder 26 en plaas 29.) "Bring die voorspellers, die sterrekykers en die besweerders" skree hy. Toe die raadgewers inkom. (Plaas 9a- 9b en 9c) sê hy vir hulle: "Enigiemand wat kan lees wat hier geskrywe is en dit vir my uitlê, sal 'n koninklike kleed aangetrek word en 'n goue halsketting omgehang word, en hy sal as derde in rang regeer." Maar nie een kon die woorde lees nie, wat nog te sê verduidelik wat hulle beteken. Die koning het al hoe bleker en banger geword, en die hoofamptenare het verslae daar rondgestaan.
Te midde van al die verwarring, kom die
koningin die saal binne. Sy het
koning Nebukadnesar geken. (Plaas 30)
"U moenie so bang en bleek wees nie." sê sy vir koning Belsasar. "Daar is 'n man in u koninkryk in wie 'n gees van wysheid en insig is. U voorganger, koning Nebukadnesar self het hom aangestel as hoof van die wyse manne, want hy het buitengewone bekwaamheid om drome uit te lê, probleme op te los en moeilike dinge te ontrafel. Laat haal nou vir Daniël, en hy sal vir u die uitleg gee." (Verwyder 30- 9a. 9b en 9c.)
TONEEL VIER
(Daniël 5 : 13 - 31)
Agtergrond: Onveranderd.
Prente: 28, skrif teen die muur: 29,
Belsasar: 31, Daniël: en 32, Daniël geklee in koninklike kleed.
(Laat 28 en 29 onverander.)
Belsasar het natuurlik al van Daniël
gehoor en ook van sy wysheid geweet. Tog het hy hom gladnie in aanmerking
geneem nie. Hy het die heidense waarseërs laat kom. Maar Daniël, wat al die
jare nog die Here getrou gedien het in Babel, word nou ingeroep. (Plaas
prent 31.) Weer belowe die
koning die koninklike kleed, die
goue halsketting en die pos van derde in rang in die regering, maar Daniël
antwoord: "Hou gerus maar u geskenke en gee u beloning liewers aan iemand
anders. Ek sal buitendien vir u lees wat geskryf is en dit vir u uitlê."
Daniël het nie in die koning se beloning belang gestel nie. Die beloning waarna
hy uitgesien het, was nie iets wat Belsasar horn kon gee nie. Daniël wou die
beloning hê wat die Here gee aan elkeen wat Horn getrou dien en Daniël het
sekerlik sy God getrou gedien vir baie jare.
Luister wat Daniël vir die koning gesê het.
(Lees uit die Bybel voor, Daniël 5 : 18 - 21.)
Daniël is gladnie bang om vir die koning te
preek nie! Hy weet dat hy sê wat God wil hê hy moet sê. Maar sy boodskap is nog
nie klaar nie. Hy gaan verder. (Lees Daniël 5 : 22 - 24. Beklemtoon vers 22.)
Daniël sê Belsasar het geweet hoe die Here sy
voorganger, Nebukadnesar, verneder het omdat hy so trots was op sy eie
prestasies. "U het dit alles geweet." sê Daniël, "maar u het u
ook groot gehou teenoor die God van die hemel." Belsasar het wel baie van
die ware God gehoor, maar nooit na Horn toe gekom nie. Hy het die Here God
selfs uitgedaag deur die heilige tempelbekers vir sy eie drinkery te gebruik.
“Daarom is die hand deur God gestuur en is
hierdie woorde geskrywe,” sê Daniël, “en dit is wat die woorde wat geskrywe is:
GETEL, GETEL, GEWEEG EN VERDEEL.”
Dit was nie genoeg om net die woorde te
vertaal nie. Die koning kon nog nie verstaan watter boodskap agter die woorde
sit nie. Maar die Here het Daniël ook in staat gestel om dit vir die koning uit
te lê. “Dit is die betekenis van die woorde.” sê hy.
“GETEL”: God het die jare van u koningskap
getel en 'n einde daaraan gemaak.”
“GEWEEG”: Dit was die tweede woord. (Vertoon
die teksvers.) “U is geweeg en te lig bevind.” Ons kan dit so stel: 'God het
gedink oor jou lewe en besluit jy het ‘n mislukking daarvan gemaak.' Is dit nie
vreeslik nie? Dit laat ons besef hoe ernstig dit is om ligsinnig te lewe en God
buite rekening te laat.
“VERDEEL”: was die derde woord. “U koninkryk
is verdeel en aan die Mediërs en Perse gegee.”
Wat die skrif aan die muur gesê het, het nog dieselfde nag
gebeur. Terwyl die koning se dronkparty aan die gang was, was sy vyande alreeds
besig om die stad Babel binne te kom en dit in te neem. Die Bybel se: “Daardie
nag is koning Belsasar vermoor en Darius die Mediër het die koningskap
oorgeneem.” (Daniël 5 : 30 en 6 : 1.)
SLOT
Onthou julle dat Bessie reg was om
hemel toe te gaan toe sy gesterf het? Mnr. Black was ook reg. Koning
Nebukadnesar was ook reg, want hy het hom van sy sonde bekeer tot die ware God.
Maar wat van Belsasar? Hy het sonder God gesterwe. Hy is op die weegskaal
geweeg en te lig bevind.
Belsasar het vir Daniël 'n koninklike kleed
en 'n goue halsketting en die derde hoogste pos in die regering belowe as hy
die betekenis van die skrif aan die muur kon uitlê. Voordat die koning dood is,
het hy sy belofte uitgevoer. (Verwyder 31 en vervang met 32)
Al hierdie geskenke is aan Daniël gegee, maar
dit was vir horn nie baie belangrik nie. Daniël kon uitsien na sy hemelse
beloning want hy het sy lewe lank sy God getrou gedien. Hy sou nie bang of
verleë voor God hoef te staan nie.
Wat van julle wat alreeds die Here Jesus ken as julle Saligmaker? Is julle gehoorsaam en getrou aan Horn? Julle sal seker nie vir 'n koning hoef te preek soos Daniël gedoen het nie, maar is julle gewillig om voor julle maats die Here te eer? (Indien tyd dit toelaat, sal dit nuttig wees om te bespreek hoe hulle as kinders, die Here kan eer.)