LES VIER

DANIËL BESTRAF DIE KONING SE HOOGMOED

KERNWAARHEID

God haat alle sonde, ook die van hoogmoed.

DOEL

i) Om die Christen kind te leer om die sonde van hoogmoed in sy eie lewe te herken ‘n te bely.

ii) Om die ongeredde kind te leer dat sy hoogmoed en alle ander sonde deur God vergewe kan word as hy Jesus as Verlosser aanneem.

SKRIFLESING VIR ONDERWYSER

Daniël 4:1- 37

TEKSVERS

"Op hoogmoed volg ondergang. Op selfverheffing volg die val" (Spreuke 16 : 18)

OF

"Onderwerp julle daarom in nederigheid aan die kragtige hand van God, sodat Hy julle kan verhoog op die tyd wat Hy bestem het." (1 Petrus 5 : 6)

(Die teksvers word geleer voordat die les aangebied word.)

VERDUIDELIKING VAN DIE TEKSVERS

Wanneer, dink julle, is 'n mens hoogmoedig? (Bespreek die vraag na aanleiding van 'n paar van die volgende voorbeelde. Lei die bespreking sodat die kinders begryp dat die wese van hoogmoed daarin lê dat 'n mens al die eer vir jouself toe-eien en net aan jouself dink.)

(i) Janie het goeie punte behaal vir 'n taak wat sy geskryf het, sy voel baie bly daaroor. Is Janie hoogmoedig?

(ii) Pa sê: "Ansie, hierdie koek smaak vorentoe. Het jy dit regtig gebak?" Ansie sê: "Ja, Pa." en vertel nie dat haar suster ook gehelp het nie.

(iii) Pieter se skildery is gekies vir die skooluitstalling. Hy kan dit amper nie glo nie. "Dankie Here Jesus, dat U my die talent gegee het" sê hy in sy hart.

(iv) Karl druk die wen-drie vir sy span. Sy oupa spog by almal met sy kleinseun. Karl sê later: "Oupa, daar was darem veertien ander ouens ook in die span!"

 

VISUELE HULPMIDDELS

Agtergrond: Troonkamer van die paleis

Prente: 1, 9a, 9b, 9c, 17, 21, 23a, 23b, 23c, 24 en 25.

Teksvers: Skryf die teksvers op 'n groot vel papier of op ligte karton in die vorm van 'n boom.

 

VOORGESTELDE LIEDERE

J.S.3. 34      Ken Horn in al jou weë

J.S.3. 36      Doen Slegs U Wil

Sing ook liedere uit vorige lesse

 

HERSIENING

Van Daniël se helpers. Sadrag. Mesag en Abednego verneem ons nie verder in die volgende lesse nie. Les 4 is ook die laaste een waarin koning Nebukadnesar verskyn. Daniël dien verder onder koning Belsasar en koning Darius.

Ons stel voor dat u die eerste deel van u lesperiode wy aan hersiening van die gebeurtenisse  van  die  eerste  drie  lesse. Gedurige hersiening is die basis van suksesvolle onderwys. Vir afwisseling van die 'vraag-en-antwoord' metode van hersiening kan u iets anders probeer. Knip twee krone uit stywe gekleurde papier. Verdeel die klas in twee spanne en laat eike span 'n ster op sy kroon plak vir elke regte antwoord: of laat hulle sommige maklike tonele dramatiseer.

 

HERSIENINGSVRAE

1. Hoekom was Daniël en sy vriende in 'n vreemde land?

2. Wat was die naam van die land?

3. Wie was die koning van die land?

4.  Wat was die eerste toets van hulle getrouheid aan God?

5.  Watter Bybelvers vertel ons hoe hulle hulself vir die toets voorberei het? (Daniël 1 : 8.) Herhaal dit tesaam.

6.  Hoe het hulle in die toets geslaag?

7.  Noem die name van die manne voor dit verander is.

8.  En wat was hulle nuwe name?

9.  Was daar enige belangrike verskil tussen hulle ou name en die nuwes? Wat was dit?

10.  Watter   onredelike   ding   het   koning Nebukadnesar sy waarseers gevra om te doen? (Les 2)

11.  Hoe het Daniël se vriende horn gehelp?

12.  Watter Bybelvers herinner ons dat ons dieselfde kan doen? (Johannes 15 : 75) Herhaal dit tesaam.

13.  Wat het Daniël gedoen nadat God horn die betekenis van die droom bekend gemaak het?

14.  Hoekom was Daniël se drie vriende in die warm oond gegooi?

15. Wie was saam met hulle in die warm oond?

16. Wat het Nebukadnesar gesê van God?

17. Watter belofte gee God aan ons in Jesaja 41 : 13? (Herhaal dit tesaam.)

DIE LES

TONEEL EEN

DIE KONING VERTEL SY ROOM

(Daniël 4 : 1-9)

Agtergrond: Troonkamer van 'n paleis, gevou sodat net een helfte van die bord daardeur bedek word. Plaas paleistoneel op hierdie helfte en droomtoneel op die effekleur helfte van die bord.

OF

 

Gebruik effekleur bord en verdeel dit vertikaal met 'n lint. Gebruik een helfte vir die paleistoneel en die ander helfte vir die droomtoneel.

Prente: 1 Nebukadnesar; 9a; 9b; 9c; towenaars; voorspellers; goëlaars en sterrekykers; en 21. Daniël.

 

Koning Nebukadnesar het weer 'n droom gehad en is besig om daarvan te vertel. (Plaas prent 1.)

 

"Ek het rustig en voorspoedig in my paleis gewoon, maar toe het ek 'n droom gehad wat my ontstel het, wat deur my kop gemaal en my laat bang word het. Daarom het ek 'n bevel uitgevaardig dat  al  die  koninklike raadgewers voor my gebring moes word om vir my die droom uit te lê." (Plaas 9a, 9b, 9c). Maar net soos die vorige keer toe hy baie jare tevore gedroom het, kon die wyse manne dit nie uitlê nie. Die towenaars, die sterrekykers, die voorspellers, die waarseers, nie een kon sê wat die koning se droom beteken nie. (Verwyder 9a. 9b en 9c.)

"Uiteindelik het Daniël, genoem Beltsasar na die naam van my god, ingekom (Plaas 21) en ek het horn die droom vertel." sê koning Nebukadnesar. “Ek het vir horn gesê: Beltsasar, hoof van die towenaars, ek weet dat die gees van die heilige gode in jou is en geen geheim vir jou onverklaarbaar is nie. Hier is nou my droom, lê dit vir my uit."

Het julle opgelet dat die koning Daniël se Babiloniese naam gebruik het? Dit was nou reeds baie jare vantevore dat die koning die name van die vier Hebreeuse manne verander het. Hy het hulle name gegee wat name van sy gode was. Het hulle met die verloop van jare die ware God vergeet? 0 nee! Daniël se vriende is in die brandende oond gegooi oor hulle geloof. Daniël was steeds getrou aan die een ware God. Die koning het geweet dat dit net Daniël was wat die vorige keer sy droom vir horn kon vertel omdat die ware God vir horn wysheid gegee het. Maar selfs na sy tweede droom het hy nie dadelik vir Daniël laat roep nie. Hy het eers die slim Babiloniese manne laat roep.

Ons is ook maar soos die koning. As ons in die moeilikheid is, probeer ons eers enige ander ding behalwe God. Eers as ons nêrens anders hulp kan kry nie, dan draai ons om na God toe. Laat ons nie so wees nie! God het in Sy Woord vir ons gesê: "Roep My aan in die dag van benoudheid: Ek sal jou uithelp" (Psalm 50 : 15).

Weet jy dat jy 'n sondaar is? Roep dan die Here aan en Hy sal jou verlos. Is die Here in jou hart, maar jy is in 'n moeilikheid? Roep dan die Here aan en Hy sal jou help.

(Laat bly hierdie toneel op die bord.)

 

TONEEL TWEE

DIE KONING SE DROOM EN DIE BETEKENIS DAARVAN
(Daniël 4 : 10 - 16 en 27.)

Agtergrond: Plaas hierdie toneel op die effekleurige helfte van die bord.

Prente: 22 – boom; 23a, 23b, 23c; diere; en 24 - voëls.

Dit was 'n snaakse droom wat die koning vir Daniël vertel het. Hy het 'n groot boom gesien wat baie hoog en sterk gegroei het (Plaas 22). Dit kon van die eindes van die aarde gesien word. Daar was genoeg vrugte daaraan vir almal. Die diere van die veld het in sy skaduwee gerus (Plaas 23a, 23b en 23c) en die voëls het hulle neste in sy takke gemaak. (Plaas 24 met stukkies wondergom.) Toe het die koning in sy droom gesien dat 'n heilige van die hemel neerdaal en die boom laat afkap. Maar die boomstomp moes bly en rondom gebind word met 'n yster en koper band.

(Verwyder die boonste boomdeel, ook 23a, 23b, 23c en 24).

Toe die koning klaar vir Daniël die droom vertel het, sê hy: "Lê dit nou vir my uit Beltsasar, want jy kan dit doen."

Die Here God het vir Daniël gesê wat die koning se droom beteken en Daniël was sprakeloos. Dit was baie slegte nuus vir die koning! Nietemin het hy gesmeek dat Daniël hom moes vertel.

Daniël was nie bang vir alleen staan nie. Sy lewe lank het hy die Here met sy hele hart gedien. Waarom sou hy nou vir die koning bang wees? Die Here was aan sy kant. Daarom het Daniël aan die koning die droom uitgelê.

Die boom was koning Nebukadnesar self. Hy het gegroei tot een van die magtigste konings in die wêreld, maar hy was hoogmoedig en wreed. Hy het gehoor van die ware God en hy kon in Horn geglo het, maar hy het nie.

Toe se Daniël vir die koning: “U sal tussen die mense uit verstoot word en u woonplek sal in die veld tussen die diere wees en u sal gras moet eet totdat u self beset dat die Allerhoogste mag het oor al die koninkryke op aarde en dit gee aan wie Hy wil. Die bevel dat die boom se stomp in die grond moet bly, beteken dat u koningskap herstel sal word sodra u erken dat God regeer. U sal ook weer koning word wanneer u verstaan dat die God in die hemel die ware heerser is.”

Voor die hoogmoedige koning het Daniël gestaan (Verwys na die paleis toneel.) Watter wonderlike man van God was hy nie. Hy pleit by die groot en magtige koning om sy sondes te laat staan. Hy se: (Lees Daniël 4 : 27 met nadruk voor).

Sou Nebukadnesar luister na Daniël se raad en nederig sy sonde aan God erken? (Verwyder alle prente en agtergrond of lint.)

TONEEL DRIE

DIE TROTSE KONING WORD NEDERIG
(Daniël 4 : 28 - 35).

Agtergrond: Dak van paleis.

Prente: 9a, 9b, 9c, towenaars, voorspellers, goëlaars, sterrekykers; 17 - skare mense; en 25 - Nebukadnesar.

 

(Plaas 25.)

 

Miskien het hy aan die begin besluit om Daniël se raad aan te neem en met sy hele hart na God te gaan of miskien het hy gedink om 'n bietjie te wag en te kyk of hierdie vreeslike droom  sou  uitkom.  Daniël  was moontlik verkeerd! Nebukadnesar het besluit om te wag.

Een maand het op die ander gevolg. Hy het voort gegaan met sy sonde. Hy het nie na God gegaan nie. Hy het homself nie verneder nie. Twaalf maande het verby gegaan.

Eendag het hy op die dak van sy paleis in Babel geloop. Met sy kop hoog in die lug en sy arms uitgestrek, het hy begin groot praat voor al die mense rondom horn (Plaas 9 en 17) "Kyk net hoe groot is Babel!" het hy gespog. "Deur MY groot mag het ek daarvan 'n koningstad gemaak tot MY eer en roem!"

Het julle die EK en MY in sy toespraak gehoor? Hoogmoed laat ons altyd van onsself praat en aan onsself dink. As ons nederig of ootmoedig met God wandel, soos ons Bybelteks vir vandag ons leer, sal ons nie al die eer vir onsself neem nie. Ons sal onthou dat alles wat ons het en al ons talente deur God aan ons gegee is en ons sal Horn die eer gee.

Terwyl die koning nog praat, het daar 'n stem van die hemel gekom en gesê: "Daar is besluit, koning Nebukadnesar, dat jy uit jou koningskap weggeneem sal word. Jy sal by die wilde diere in die veld woon en gras eet soos 'n bees. Dan sal jy moet erken dat die Allerhoogste mag het oor die koninkryke op aarde en dit gee aan wie Hy wil."

Op  daardie  selfde  oomblik het  dit gebeur! Nebukadnesar het sy verstand verloor en is hy weggejaag. (Verwyder prent 25.) Hy het gras in die veld geëet. Sy hare het soos 'n arend se vere gegroei en sy naels soos 'n voël se klou. Hy moes buite slaap en soggens was hy nat van die dou. Hy het meer na 'n dier as na 'n mens gelyk. (Verwyder 9a, 9b, 9c en 17.)

Ons weet nie hoeveel tyd verbygegaan het nie, maar dit was lank genoeg om Nebukadnesar tot bekering te bring. Hy het verstaan dat hy 'n groot sondaar voor God is en dat God hoog en verhewe bo almal is.

Toe Nebukadnesar dit verstaan, het hy opgekyk na die hemel en sy verstand het teruggekom. Hy het God geloof, geprys en geëer. Uiteindelik het hy ingesien dat God vir ewig regeer; dat al die mense van die aarde soos stof is in vergelyking met Sy grootheid. Hy het geleer dat God sy wil in die hemel sowel as op die aarde laat geskied. Niemand kan vir Horn vra waarmee Hy besig is of vir Horn voorsê hoe dit gedoen moet word nie. Hy is hoog bo almal.

Voorheen het Nebukadnesar geglo dat Daniel se God net een van baie ander gode is en niks groter as sy god van hout en klip nie, maar nou uiteindelik het hy geglo dat Hy die God van die wereld is, die enigste ware God. Hy het in die enigste God geglo met sy hele hart.

 

TONEEL VIER

NEBUKADNESAR WORD AS KONING HERSTEL

(Daniel 4 : 36- 37. en 1 - 3)

 

Agtergrond: Troonkamer van die paleis.

Prente: 1 – Nebukadnesar; 9a, 9b, 9c – towenaars, voorspellers, goëlaars, sterrekykers en 17 - skare mense.

 

Hoe wonderlik goed was God nie vir Nebukadnesar gewees toe hy na Horn gekom het nie! Die Here God het sy verstand aan horn teruggegee en ook sy koninkryk en sy eer. (Plaas prent 1.) Die koning se raadgewers het horn opgesoek en hom weer as hulle koning erken. (Plaas 9a. 9b. 9c en 17.)

Daarom het Nebukadnesar gesê: "Ek prys en eer en loof die Koning van die hemel. Alles wat Hy doen, is reg. Sy optrede is regverdig. Hy het die mag om hoogmoediges te verneder." Ja, Nebukadnesar het dit geweet, omdat hyself dit  ondervind  het hoe  God met  trotse, hooghartige mense maak. Hy weet hoe om hulle nederig te laat wandel voor Hom.

Nadat   koning   Nebukadnesar   hierdie ondervinding  deurgemaak  het,  het  hy   ‘n kennisgewing aan al die nasies, mense en tale gestuur. Dit is wat hy gesê het: (Lees Daniel 4 : 1 - 3 aan die klas voor.)

 

SLOT

 

Dikwels is daar in ons harte sondige hoogmoed. Ons dink dat ons belangrik is. En dat ons beter as ander is. Hoogmoedigheid is 'n baie groot sonde in God se oë. Miskien het jy vandag vir die eerste keer die hoogmoed in jou lewe raakgesien. Of miskien het jy nie tevore besef hoe God hoogmoed haat nie. As jy 'n Christen is. Bely jou sondige trots aan God en vra Horn om jou te vergewe. En die van julle wat nog nooit die Here Jesus as julle Verlosser aangeneem het nie, kan julle God vra om julle sondes te vergewe? Ja! want Jesus het alreeds die straf vir jou sonde gedra toe Hy aan die kruis gesterf het.

Hy wil in jou hart kom woon en jou sy kind maak. Kom gesels gerus met my daaroor na afloop van die klas.