LES DRIE
DANIEL SE VRIENDE IN DIE BRANDENDE OOND
KERNWAARHEID
God is altyd by sy kinders en Hy verlaat hulle
nooit.
DIE DOEL
i) Dat die
Christen kinders sal leer om onder alle omstandighede troos te put uit God se
teenwoordigheid.
ii) Dat die ongeredde kind Jesus Christus as sy Verlosser
sal aanneem.
SKRIFLESING VIR ONDERWYSER(ES)
Daniel 3 : 1 - 30
TEKSVERS
"Ek is die Here jou God. Ek vat jou hand. Ek
se vir jou: Moenie bang wees nie. Ek help jou." (Jesaja 41 : 13.)
Hal. 385
Moenie bevrees wees-
S & L 79
Twyfel nie meer
S & L 42 Hy
hou die wereld in sy hand
J.S.B. 53 Hy is
Heer
J.S.3. 80 Die
Here is my Herder
Ps/Ges Ps 23
Net soos "n herder
Ps/Ges Ges 5
Kom. dank nou
Agtergronde: Buitemuurs: Troonkamer van paleis-
Knip 'n oond uit bruin papier. Maak dit groot genoeg
sodat die prente daarin sal pas. Heg dit met wondergom aan die bord vas-
Prente: 4, 5, 6, 9a, 9b, 9c, 15, 16, 17, 18, 19 en 20.
Teksvers: Skryf die teksvers op 'n groot vel papier of op
ligte karton in die vorm van n oop hand.
Shao San wil net huil. Sy moet die sendingskool in Sjina
waar sy so gelukkig was, verlaat. Hier by die sendingskool het sy van die Here
Jesus en sy liefde vir haar geleer. Maar haar ouers het gekom en gesê:
"Ons het werk in 'n dorp dertig kilometer hiervandaan vir jou gekry, Shao
San. Ons neem jou vandag soontoe."
"Ek sal die enigste Christen in daardie stad
wees", sê sy hartseer aan die sendeling. "Ja", sê die sendeling,
"maar jy weet Wie met jou saamgaan. ne?" "Ja", knik Shao
San en sy glimlag. "die Here Jesus gaan saam met my."
Toe die mense in wie se huis sy gaan werk het, vir Shao
San roep om saam met hulle die huisgode te aanbid, sê sy vir hulle sy kan dit
nie doen nie, want sy is 'n Christen. Sy vert al die huismense en ook ander wat
sy in die dorp ontmoet, van die ware God: hoe God sy Seun, Jesus Christus,
gestuur het om vir hulle sondes te sterf. Sy vertel hulle dat Jesus nie dood is
soos hulle gode nie. Hy het opgestaan en lewe in die hemel.
Die mense lag haar uit. Sommige word kwaad en knou haar
af. Sy is dikwels so eensaam en hartseer dat sy huil, maar sy sorg dat niemand
dit sien nie! Sy lees die beloftes in die Bybel oor en oor. Een belofte wat
haar baie troos, staan in Spreuke 15 : 3. (Laat die kinders dit naslaan en
lees- of lees dit vir hulle voor.) Sy weet God het haar lief en merk op as sy
hartseer is. “Op elke ple is die oë van die Here”
Eendag kom twee mans van die dorp waar Shao San werk. by
die sendingskool aan. Hulle vra die sendeling om iemand na hulle dorp te stuur
om hulle van die Here Jesus te leer en 'n skool daar te begin. "Maar
hoekom?" vra die sendeling. "Ons het al so baie kere probeer om julle
mense van Jesus te vertel maar julle het altyd geweier."
Die mans antwoord: "Shao San woon in ons dorp. Almal
wat haar ken, sien haar sagte geaardheid en mooi maniere. Selfs as sy mishandel
word, word sy nie kwaad nie. As ons vir haar vra, dan antwoord sy altyd:
"Dit is omdat ek die Here Jesus liefhet. Jesus het vir my lief. Hy is
altyd by my." Ons wil hê die ander meisies in ons dorp moet ook soos sy
wees. Sal u nie iemand na ons dorp toe stuur om ons van Jesus te vertel
nie?"
Ons het reeds verlede keer gehoor van vier jong manne wat
soos Shao San, ver van hulle eie land in ‘n vreemde land was, waar hulle eie
land in ‘n vreemde land was. Waar die mense nie die ware God aanbid het nie.
Wat was hulle name? Waar in die Bybel vind ons die verhaal van Daniel en sy
vriende? Is hulle ware stories? Hoe verskil die Bybel van ander boeke? In
watter land was hulle? Wat was die naam van die koning? Watter belofte het ons
gekry in ons vorige teksvers? (Laat almal saam Johannes 15 : 7 herhaal.)
TONEEL EEN
DIE BEELD VAN GOUD
(Daniel 3:1-7)
Agtergrond: Buitemuurse agtergrond.
Prente: 15. Nebukadnesar: 16. goue beeld: 17. skare
mense: en 18. Aankondiger
(Plaas prent 17.)
Die mense het gestroom na Duradal in die provinsie
Babel. Die paaie was vol opgewonde skares. Weke aaneen
hoor hulle al die stories van die groot beeld van goud wat Nebukadnesar laat
maak het (Plaas prent 16). 'n pragtige goue beeld van 30 meter hoog. Hulle kon
skaars wag om daar te kom.
Daar sou ook baie belangrike mense wees, die prinse,
goewerneurs, die kapteins, die regters, die bankiers, die raadgewers, die
magistrate en al die opsigters oor die provinsies en veral die belangrikste van
almal. Die groot Koning Nebukadnesar! (Plaas prent 15)
Toe al die mense bymekaar was, het die aankondiger (Plaas
prent 18) na vore getree en hardop
geroep: "Alle volke,
nasies en taalgroepe, julle
word beveel: Wanneer julle die geluid hoor van trompet, fluit, siter, lier,
harp, ander blaas- of musiekinstrument, moet julle buig voor
die goue beeld
wat koning Nebukadnesar laat
oprig het en dit aanbid. Wie nie buig en die beeld aanbid nie, sal onmiddellik
in 'n brandende oond gegooi word." (Daniel 3 : 4 – 6)
Onmiddellik het die musiek losgebars - trompette,
finite, harpe, siters,
blaas- instrumente! Toe al die mense die musiek hoor, het hulle
neergeval en die goue beeld aanbid. (Verwyder prente.)
TONEEL TWEE
DANIEL SE VRIENDE BY DIE KONING AANGEKLA
(Daniel 3 : 8 - 12)
Agtergrond(e): Troonkamer van die paleis
Prente: 9a,
9b, 9c, towenaars, voorspellers, goëlaars, sterrekykers: 15 (of 1),
Nebukadnesar
Het AL die mense neergebuig? NEE, nie heeltemal almal
nie. Tussen die menigte mense was drie manne, wat soos Shao San getrou was aan
hulle God in 'n land waar almal afgode aanbid het. Hulle was Daniel se drie
vriende: Sadrag, Mesag en Abednego.
Sommige Galdeërs was gou by die koning om Sadrag, Mesag
en Abednego te gaan verkla. Dit klink asof hulle jaloers was. (Vers 12.) (Plaas
15 of 1: 9a. 9b- 9c.)
"U, o Koning" het hulle gesê, "het 'n
bevel uitgevaardig, dat al die mense voor die goue beeld sal neerval en dit
aanbid. Wie nie aanbid nie, sal in 'n brandende oond gegooi word. Maar nou, o
Koning, is daar Jode vir wie u in beheer van die administrasie geplaas het,
Sadrag, Mesag en Abednego, wat NIE gehoorsaam is nie. Hulle dien nie u god nie,
hulle buig nie voor die goue beeld wat u laat oprig het nie." (Verwyder
9a. 9b. 9c.)
TONEEL DRIE
DANIEL SE VRIENDE VOOR DIE KONING
(Daniel 3 : 13 - 18.)
Agtergrond: Onveranderd.
Prente: 15 of 1
- Nebukadnesar: 4 - Sadrag; 5 - Mesag
en 6 - Abednego.
(Laat prent 15 (of 1) onverander.)
Toe die koning hoor dat Sadrag, Mesag en Abednego nie
voor die goue beeld neerbuig en aanbid nie, het hy woedend geword. Hy het die
drie manne laat kom (Plaas 4. 5. 6). "Is dit waar, Sadrag, Mesag en Abednego,
dat julle NIE my god dien en my goue beeld wat ek laat oprig het, nie aanbid
nie? As julle neerval wanneer die musiek weer speel en die beeld wat ek gemaak
het aanbid, goed en wel, maar as julle NIE aanbid nie, sal julle onmiddellik in
'n brandende oond gegooi word en watter God sal julle uit MY hande kan
red?"
Wat sou nou gebeur? Hierdie drie jong manne het die ware
God geken. Hulle het Horn liefgehad en Horn aanbid. Hulle het antwoorde op
hulle gebede gekry. Hulle het sy Woord geken. Hulle het geweet God sê in sy
Woord, (Lees Eksodus 20 : 3, 4 en eerste gedeelte van vers 5 uit die Bybel voor
of laat die kinders dit naslaan.) Hoe kon hulle dan die goue beeld wat koning
Nebukadnesar laat oprig het, aanbid?
Hulle antwoord, "Ons hoef u nie hierop te antwoord
nie. Ons het ons God vir wie ons dien. Hy het die mag om ons te red uit die
brandende oond en Hy sal ons ook red uit u mag. Selfs as Hy dit nie doen nie,
moet u weet dat ons u god nie sal dien nie, die goue beeld wat u laat oprig
het, nie sal aanbid nie." (Daniel 3 : 17, 18)
Daar was dit! Die drie jong Hebreeuse manne het ver van
hulle eie mense en hulle land, getrou aan die ware God gebly, terwyl al
die ander die koning se bevele
gehoorsaam en voor sy beeld neergebuig het. "Ons glo God sal ons verlos
van die brandende oond" het hulle gesê. "Maar selfs as dit NIE Sy wil
is nie en ons doodgebrand moet word, sal ons nie u gode aanbid nie, koning
Nebukadnesar."
Ons stel onsself in die plek van hierdie manne. Sal ONS
getrou wees aan die ware God al kos dit ook ons lewe? Sal ons kies om liewer in
die warm oond gegooi te word, as om ongehoorsaam aan God te wees?
Koning Nebukadnesar se humeur was nou vuurwarm, net soos
die brandende oond. Hy het weer woedend geword toe die jongmanne horn antwoord.
Hy kon slange vang van boosheid.
Die koning kon nie sy sondige humeur beteul nie. Hy het
Iemand groter as hyself nodig gehad om horn te beheer. God kon sy hart
verander. God het horn lief gehad en wou horn red van sy sonde. Het julle
gedink God het net goeie mense lief? Nee, Hy haat sonde maar Hy het ons lief al
is ons sondig; so lief dat Hy die Here Jesus gestuur het om te sterf vir ons
sonde en ons skuld te betaal. Het jy Horn al gevra om in jou lewe te kom woon?
Party van ons, al is ons Christene, het ook humeure wat
ons nie kan beheer nie. Jou moeder het miskien al dikwels vir jou gevra om nie
so gou kwaad te word nie. Jy word vir jou sussie en boetie kwaad; jy slaan jou
maatjie; jy huil miskien as jy nie jou sin kry nie. Hierdie dinge is sonde in
God se oë. Maar hier is goeie nuus, want as JY nie die woede kan beteuel nie,
die Here Jesus kan dit doen. Vra Horn om jou oorwinning oor jou humeur. Of
watter ander sonde ook al te gee. Vertrou Horn dat Hy dit dadelik vir jou gee
en dank Horn. Onthou God is altyd by jou om jou te help. Wat het ons geleer in
Jesaja 41 : 13? (Herhaal dit saam.)
Arme koning Nebukadnesar het nie die ware God geken wat
hom kon help nie. (Verwyder 4, 5, 6 en 15 of 1.)
TONEEL VIER
DANIEL SE VRIENDE IN DIE BRANDENDE OOND.
(Daniel 3 : 19 - 30)
Agtergrond: Buitemuurs-
Prente: 4 - Sadrag;
5 - Mesag; 6 – Abednego; 15 - Nebukadnesar: 17 - skare
mense; 19 - Sadrag, Mesag en Abednego vasgebind; 20 - vuur met God; en oond.
Toe Koning Nebukadnesar so woedend kwaad was, het hy die
oond sewe keer warmer as gewoonlik laat maak. (Plaas 15, 17 en oond)
Daarna beveel hy sterk manne om Sadrag, Mesag en Abednego
vas te bind en in die oond te gooi. Die koning se bevel was dringend en die
oond was baie warm. Toe die oond se deur oopgemaak word, het die vlamme by die
deur uitgeskiet. So erg was die hitte dat die manne wat Sadrag, Mesag en
Abednego in die oond moes gooi, doodgebrand het. (Plaas 19 en 20.)
Die mense rondom het hard geskreeu, want hulle het gesien
dat die drie Hebreeuse manne nie gebrand het nie. Die vlamme het geen krag
oor hulle gehad nie.
Koning Nebukadnesar was verbaas. Verskrik het hy vir sy raadgewers
gevra: "Het ons nie drie
vasgebinde manne in die oond gegooi nie?" Hulle antwoord:
"Dis waar, o
Koning." Nebukadnesar antwoord: "Kyk, ek sien vier manne los
loop in die middel van die vuur en hulle brand nie ... en die vierde lyk soos
'n hemelwese!"
Dis 'n troos om te weet, dat as ons in benoudhede is, die Here daar is om ons te help. Die warm oond en die vuur laat ons aan moeilike tye dink. Die Here het gesê: "Wanneer jy deur die vuur loop, sal jy nie brand nie; ook sal die vlamme jou nie skroei nie"; (Jesaja 43 : 2) Ons kan dit so stel: "Wanneer jy probleme het, sal hulle jou nie ondersit nie."
Party mense dink as hulle Christene word, sal hulle net
altyd gelukkig wees. Dis nie waar nie. Baie mense wat aan God getrou is, het
moeilikhede. Maar daar is een verskil. Seuns en dogters wat gered is, het die
Here Jesus saam met hulle in hul moeilikheid. Net soos die Seun van God, in die
warm oond saam met Sadrag, Mesag en Abednego was.
Miskien het jou
Ma en Pa baie probleme. As
julle nou huis toe gaan, vertel hulle dat Jesus met hulle in hierdie probleme
is. As hulle Horn nie ken nie, vra die Here om jou te gebruik om jou ouers na
Horn te bring sodat hulle ook vir Horn kan leer ken. (Onderwyser/es: Wees
voorbereid om 'n kind wat dit wil doen te help met raad en ook 'n Boekie sonder
Woorde of traktaat wat hy/sy kan gebruik om te getuig.)
Toe
Nebukadnesar iemand soos
'n hemelwese in die oond saam met die drie jong manne sien, kom hy nader
na die oond (verskuif 15 effens) en roep: "Sadrag, Mesag en Abednego,
dienaars van die allerhoogste God, kom uit hierheen!" (Verwyder 19 en 20
en plaas 4, 5 en 6.) Toe hulle uitkom uit die vuur, drom die prinse,
goewerneurs, kapteins en al die groot manne saam om hulle te sien. (Skuif 17
nader.)
Hulle ruik nie eens na rook nie! Nie een haar op hulle
koppe is geskroei nie!
Toe sê Nebukadnesar: "Aan die God van Sadrag, Mesag en
Abednego kom die eer toe, ... wat sy dienaars wat op Horn vertrou, Gered het
... hulle was bereid om eerder hulle lewe te verloor as om enige god behalwe
hulle God te dien of te aanbid." Wat was die belofte in ons teksvers?
(Herhaal dit te saam.) Het God sy woord gehou
aan Sadrag, Mesag en Abednego? Sal Hy Sy woord hou aan jou?
Natuurlik! Toe het die koning 'n bevel uitgevaardig. (Lees die bevel uit die
Bybel – Daniël 3 : 29 asook vers 30.)
SLOT
Het julle opgelet dat Nebukadnesar gesê het daar is geen
ander god soos die God van Daniël nie, maar hy het nie God as sy EIE God
aanvaar nie? Hy het homself nie erken as 'n sondaar wat God se redding nodig
gehad het nie. Miskien het jy ook van Jesus gehoor van kleins af. Jy weet dat,
toe Hy gesterf het, Hy gestraf is vir die sonde wat jy doen. Jy weet dat Hy
opgestaan het uit die dood en dat Hy lewe, maar jy het Horn nog nooit as jou
Verlosser aangeneem nie.
Die Here Jesus het vir almal gesterwe, maar as jy gered
wil word, moet jy hierdie Here Jesus as
jou Saligmaker persoonlik aanneem. Wil
jy dit vandag doen? Na die klas, kan ek vir jou verder help om meer te weet.
Kom na my toe nadat ons afgesluit het.