LES EEN

DANIËL IN 'N VREEMDE LAND

 

KERNWAARHEID VAN DIE LES

God het die reg om te verwag dat ons lewens aan Horn sal behoort.

 

DIE DOEL

i)   Dat die weergebore kind hom sal voorneem om net vir God te lewe.

ii) Dat die ongeredde kind sal insien dat hy alleen vir God kan lewe as hy die Here Jesus ken as Verlosser.

 

SKRIFLESING VIR ONDERWYSER(ES)

Daniël 1 : 1 - 21

 

TEKSVERS

"Daniël het horn voorgeneem om horn nie met die koning se kos en wyn te verontreinig nie en hy het die hoofpaleisbeampte vergunning gevra om dit nie te gebruik nie." (Daniël  1 : 8)

OF

"Soek julle krag in die Here en in sy groot mag." (Efesiërs 6 : 10)

(Word in lesverband aan die klas geleer.)

VOORGESTELDE LIEDERE

Voorgestelde liedere word gekies uit die Psalms en Gesange (Ps/Ges) van die Nederduitse Gereformeerde Kerk; die Jeugsangbundel, (J.S.B.) uitgegee deur die Algemene Jeugkommissie van die Ned. Geref. Kerk; Sing en Loof, (S & L) uitgegee deur CUM Boeke, Roodepoort; Sions Gesange (S.G.) van die N.G. Sendingkerk en Die Halleluja (Hal.) Sommige is alreeds gekies, maar gebruik ook ander in die liedereboeke wat aangegee word.

Ps/Ges         Ges. 5:1 Kom dank nou almal God.

J.S.B- 83      Laat my Lig s6 skyn.

S & L 31     Ek wil die Here loof.

S & L 38     Hemelse Vader

Hal. 439      Ek wil ...wees soos Jesus.

 

VISUELE HULPMIDDELS

i) Agtergronde: Binnehof van paleis. Binnehuis toneel.

ii) Prente: 1 - 8. Plaas 3,4,5 & 6 in Bybel-

iii) Teksvers: Skryf die teksvers op 'n groot vel papier of op ligte karton in die vorm van 'n hart.

iv) 'n Landkaart van Babilon en Israel sal nuttig wees-

 

DIE LES

Dit was Kerstyd. Daar was 'n groot opgewondenheid in die Christelike skool in Pakistan, daar naby Indie. Die kinders het gehoor dat daar geld by die skool aangekom het vir 'n Kersete. Dit sou die lekkerste Kersfees wees wat hulle nog daar gehad het. Dink net aan die mooi presente!

Jamil was 'n vasberade seuntjie toe hy na die hoof se kantoor toe stap. "Meneer," vra hy toe hy die hoof vas in die oe kyk, "mag ek huis toe gaan vir Kersfees?"

Die hoof was verbaas, want hy het geweet dat Jamil nie familie het nie. Hy was 'n weeskind. Hy vra toe, "Waarom wil jy graag gaan, Jamil?"

"As ek nie gaan nie, Meneer, sal die mense in my dorpie geen Kersfees he nie. Ek wil vir hulle vertel dat Jesus op Kersdag gebore is en vir hulle die liedere wat ek hier geleer het, leer."

"Maar as jy gaan, sal jy jou Kersete misloop", se die hoof.

"Ek weet. Ek het amper gebly toe ek dit onthou. Maar Jesus se vir my, "Het jy my lief, of is jou liefde vir jou Kersete groter? Kan ek maar gaan, asseblief Meneer?"

Toe Jamil van sy besoek terugkeer, het hy baie stories gehad om te vertel. Seuns en dogters, mans en vroue by sy dorp het geluister toe hy hulle van die Here Jesus vertel het. Bate van hulle het nog nooit van Jesus gehoor nie. Jamil se oe het geblink van blydskap toe hy van hierdie dinge praat.

Die hoof het horn gevra, "Jamil, het jy 'n Kersete gehad?" "Nee", het Jamil geantwoord. "Ek het nooit daaraan gedink nie. Almal was so biy dat ek gekom het en ek was die blvste van almal."

Waarom. dink julle, het Jamil dit gedoen? (Onderwyser(es): Laat die klas bespreek. Help hulle om te begryp dat hy Jesus eerste gestel het in sy lewe.)

Hier is nog 'n paar mans vir wie God die heel belangrikste Een in hul lewens was. Ek het hulle prentjies in die Bybel gebêre omdat ons in die Bybel van hulle lees. Ons weet dus dat hulle verhaal waar is.

(Vertoon No's 3 - 6 een vir een.)

 

Hulle name? Daniël, Gananja, Misael en Asarja. Ons lees in die boek Daniël in die Bybel van hulle.

(Plaas prente terug in die Bybel.)

TONEEL EEN

DIE KONING SE OPDRAG

(Daniël 1:1-6; Jer. 7 : 16 - 19)

 

Agtergrond: Binnehof van paleis.

Prente: 1, Nebukadnesar; 2, Aspenas; 3, Daniël; 4, Gananja; 5, Misael en 6, Asarja Landkaart.

 

Baie, baie jare gelede het in Babilon 'n groot  en  magtige koning,  wie  se  naam Nebukadnesar was, geheers (Plaas prent 1).

Aan die westekant van Babilon was die land Juda en die stad Jerusalem. (Wys die plekke op die landkaart.) Die mense van Juda het die ware God geken. Die voike rondom hulle en ook die mense van Babilon het die lewende God nie geken nie. Hulle het gode wat hulle self gemaak het, aanbid.

Maar die mense van Juda het die ware God vergeet. Hy het huile lief gehad en hulle baie keer gehelp, maar hulle het aan Horn nie meer gedink nie. Hulle het die hout- en klipgode van hulle bure aanbid. Die kinders het hout bymekaar gemaak, die mans het vure aangesteek, die vrouens het deeg geknie en koeke gebak om aan die afgode te offer in die strate van Jerusalem. Die Here God was glad nie vir hulle belangrik nie. Dit het nie vir hulle saak gemaak of hulle Horn gehoorsaam of nie. Met al hierdie dinge het hulle die Here God kwaad gemaak.

Dien ons vandag nog afgode? Wat dink julle? (Laat klas bespreek en help hulle om in te sien dat 'n afgod enige lets is wat vir ons belangriker is as God.)

Die Here was baie geduldig met sy volk in Juda, want Hy het hulle liefgehad. Hy het dikwels profete na hulle toe gestuur om hulle te waarsku dat hulle gestraf sou word oor hulle sondes, tensy hulle na Horn terugkeer en om vergifnis vra. Dit wou hulle nie doen nie en het net aangehou sondig.

Hoekom het hulle so met hul sondes aangegaan nadat hulle gewaarsku is? Het hulle miskien gedink dat God maar sommer sal vergeet dat Hy hulle straf belowe het? Dit lyk vir ons baie dwaas. Maar weet julle dat God vir ons in die Bybel dieselfde waarskuwing gee? Hy se in Spreuke 10 : 29, "Vir die wat onreg doen, wag daar ondergang." Dis 'n ernstige waarskuwing vir ons.

Vir  die mense  van  Juda het  die ondergang gekom. Die Here het die bose koning Nebukadnesar van Babilon na Jerusalem gestuur om teen die stad te veg. Baie mense is dood in die geveg, maar 'n menigte mense is gevang en saamgeneem na Babilon. Onder hulle was die vier jong mans, Daniël, Gananja, Misael en Asarja. Daar was hulle nou in 'n vreemde land tussen al die Babiloniers. Sou hulle ooit die ware God kon dien en Horn gehoorsaam daar waar almal afgode aanbid het?

Koning  Nebukadnesar  het  sy  hoof- paleisbeampte, Aspenas gerpep. (Plaas 2)

Toe Aspenas voor die koning staan, se die koning vir horn, "Bring vir my die mooiste en verstandigste jong manne van Juda. Hulle moet fluks en verantwoordelik wees en in die paleis kan werk. Daarby moot hulle die taal en gewoontes van die Babiloniers kan aanleer." Die koning het beveel dat hulle die beste kos moes kry, die kos wat hyself eet en die wyn wat hy drink. (Verwyder prent 1.) Wie sou Aspenas  kies?  Ja,  onder  andere:  Daniël, Gananja, Misael en Asarja.

(Haal prente 3, 4, 5 en 6 uit die Bybel. Wys hulle, noem hulle name weer en plaas prente op die bord.)

Daniël en sy drie vriende was getrou aan God terwyl hulle nog in Juda gebly het, toe die meeste ander mense God vergeet het 'n in sonde en ongehoorsaamheid gelewe het. Hulle name - Daniël, Gananja, Misael en Asarja - wat hulle ouers hulle gegee het, was name wat hulle aan die Here herinner het, want elke naam het die woord vir 'God' in hulle taal bevat. Omdat hulle God die eerste plek in hulle lewens gegee het, het Hy hierdie seuns van sonde en afgodaanbidding bewaar. al was dit oral rondom hulle in Juda. God kan jou, wat 'n geredde seun of dogter is, ook bewaar. al is jy die enigste Christen in jou familie.

Onthou julle watter soort jong mense die koning in sy paleis wou leer en oplei? Hy wou .wakker seuns hê van adellike afkoms. Nou weet ons hierdie vier jong manne was die beste wat hy kon kry. Net soos hierdie vier manne in hul eie land aan God getrou was, so was hulle ook nie skaam vir hulle God in die ver land van Babilon nie, al was hulle as  gevangenes langehou.

Die man wat oor hulle toesig gehou het, het hulle ander name gegee. Die name van heidense afgode het nou in hulle nuwe name voorgekom, in plaas van die Naam van die ware ewige God. Daniël se nuwe naam was nou Beltsasar en die ander drie is genoem Sadrag, Mesag en Abednego.

Sou die heidense name hulle laat voel dat hulle nie meer God se kinders is nie? Het die nuwe name hierdie getroue jong manne van God laat wegdraai? NEE! (Verwyder 2 tot 6.)

 

TONEEL TWEE

DANIËL SE MOED

(Daniël 1 : 6 - 17)

Agtergrond: Binneshuise toneel.

Prente: 3- Daniël; 4- Gananja; 5- Misael; 6- Asarja; 7- amptenaar; 8- tafel.

Teksvers.

(Plaas 3 - 6.)

Toe is 'n ander groot verleiding vir hulle aangebied. Heerlike vieis, die beste wat daar was, wat die koning self geeet het, is vir hulle voorgesit. (Plaas 8 en aan die regterkant van die tafel, 7.) Daniël het geweet dis sonde om dit te eet, want die vieis is volgens die gewoonte daar eers aan die heidense afgode geoffer. Hulle eettafel was gelaai met bate ander heerlike kos en wyn, maar Daniël en sy vriende het geweier om lets daarvan te eet.

Wat sou Daniël-hulle doen? Ons lees in Daniël  1 : 8 wat hulle gedoen het. (Lees die vers met nadruk voor uit die Bybel.)

God het vir elkeen van ons 'n wil gegee waarmee ons kan besluite neem. Ons kan vir onsself sê: "Ja, dit wil ek doen," of "Nee, dit gaan ek nie doen nie." As jy jou lewe aan God gegee het, dan behoort jou wil ook aan Horn. Wanneer Hy met jou praat oor iets kan jy Horn eer deur te sê: "Here, ek neem my voor om U te gehoorsaam. Help my asseblief daarmee."

As ons ons voorneem om God te eer, kan ons met voile vertroue verwag dat Hy ons sterk sal maak en sal help. Hy ken ons harte en Hy weet of ons dit werklik bedoel.

En dit is wat Daniël en sy drie vriende gedoen het. "Ons vra toestemming om nie hierdie kos te eet nie," het Daniël beleefd vir die paleisbeampte gese. Sou die man kwaad word? Nee! God het in sy hart gewerk en hy het verstaan hoe die jong manne voel. Maar hy was ook versigtig om nie by die koning in die moeilikheid te belaud nie. Die koning het immers gese watter kos hulle moes eet.

"Maak 'n proefneming met ons. net vir tien dae," het Daniël gevra. "Gee vir ons net groente en water. As ons n& tien dae nie gesond lyk nie, sal ons tevrede wees om te eet wat die koning voorskryf." En die beampte het ingestem. (Verskuif 7 en plaas dit tussen die jongmans en die tafel.)

Die Here God het horn gewillig gemaak om daardie groot risiko te loop. In daardie dae het konings mense laat doodmaak sender veel rede; en 'n beampte wat nie doen wat die koning se nie, het sy lewe in gevaar gestel.

Hy het seker daardie vier jong manne dag vir dag dopgehou. Word hulle maer? Lyk hulle bleek? En Daniël en sy vriende – was hulle nie bang dat lets sou verkeerd loop nie? Nee. Hulle   hoef nie onrustig te wees nie.

Terwyl hulle - en ons ook - God gehoorsaam, kan ons Horn vertrou om vir ons te sorg. Daar kan vrede in ons harte wees as ons vir God lewe.

Na tien dae het die beampte hulle vier vergelyk met die ander wat die koning se kos geëet het. Ongelooflik! Hulle was gesonder en het mooier gelyk as al die ander. Toe was die beampte oortuig en hy het die ryk kos weggeneem (Verwyder 8) en vir die res van die drie jaar het hulle eenvoudige, gesonde kos gekry om te eet.

Ja, vir die tien dae was die koning se kos elke dag daar vir hulle om te eet as hulle dit wou hê. Miskien was hulle soms baie lus daarvoor, maar hulle het nie een keer ingegee vir die versoeking om dit te eet nie. God het hulle gehelp om 'nee' te sê.

(Verwyder al die prente.)

 

 

TONEEL DRIE

VOOR DIE KONING
(Daniël 1 : 18 - 21)

 

Agtergrond: Troonkamer van die paleis.

Prente: 1- Nebukadnesar; 3- Daniël; 4- Gananja; 5-  Misael; en 6- Asarja.

 

Die drie jaar was verby en die groot dag het aangebreek. Al die jong manne moes voor koning Nebukadnesar verskyn. (Plaas 1) Hy wou self sien of hulle geskik was om in sy diens aan te stel. Die koning het met almal van hulle gepraat en vrae gevra. Daar was seker heel party van die jong mans wat goeie antwoorde gegee het, maar 'n paar van hulle het die koning se aandag getrek – sulke verstandige antwoorde, sulke wysheid – hulle was sowaar baie slimmer as die koning se eie raadgewers. Wie sou die uitstaande jong manne gewees het? (Plaas 3, 4, 5 en 6) Daniël, Gananja. Misael en Asarja! Wat 'n groot eer was dit nie vir hulle nie!

Hulle het hulle voorgeneem om God te eer en nie te sondig deur die kos wat aan afgode geoffer was, te eet nie; nou het God hulle geëer deur hulle groot wysheid en verstand te gee. Hulle sou vir baie jare in koning Nebukadnesar se diens staan.

Miskien het jy, terwyl jy na die les geluister het, besef dat jy nie aan God behoort nie. Jy het nog nooit die Here Jesus gevra om jou van jou sonde te red en in jou hart te kom woon nie. Wil jy dit nie vandag doen nie?