Worcester
Stigtingsdatum: 4 November 1990
Lidmaattal: 98
Predikante wat die gemeente bedien
het: Di. Okkie du Plooy, Bill Barkley en tans Awie van Wyk.
Geskiedkundige agtergrond: In Oktober
1990 het dr. Zevenster ‘n reeks wederkomsdienste in Worcester gehou. Daaruit
het voortgevloei die stigting van die gemeente met 23 lidmate op 4 November
1990. Deur die Here se genade is die Traubgeboutjie aan ons as plek van
aanbidding voorsien.
Dit is merkwaardig hoe vinnig ons gemeente gegroei en selfstandig
geword het. Die Here het aan ons ‘n eie kerkgeboutjie voorsien wat binne 10
jaar afbetaal is. Deur sy genade kon ons ons kerkgebou op die 4 de Desember
1993 inwy.
Toekomsvisie: Dit is die begeerte van ons hart dat die Here
vir ons gemeente ‘n ryke siele-oes sal gee. Ons hoop om ons kerkgebou binnekort
uit te breek en groter te maak aangesien dit klein geraak het.
Kort
boodskap van die leraar: Behalwe dat ons elkeen se voorbidding vra, is dit
vir my en my gesin ‘n baie groot voorreg om in die mooie Kaap te mag bly en in
sy diens te mag staan.