Westonaria
STIGTINGSDATUM: 1 FEBRUARIE 1997
Vorige Predikante: Di. M. van
Jaarsveld, G. van Dalen, G. J. J. Kruger, J. C Keyser en tans E. van Tonder.
Kort geskiedenis: Ds. Marius
van Jaarsveld was die stigter van die gemeente. Hy het na sy
kweekskoolopleiding in 1996 met 4 gesinne uit Randfontein gemeente begin met
bidure in Westonarea. Die eerste erediens is in die stoeisaal gehou waartydens
8 persone teenwoordig was. Deur evangelisasiewerk het die gemeente gegroei tot
40 lidmate in 1998.
Tans beskik die gemeente nie oor ‘n
kerkgebou nie, maar maak van die Gereformeerde Kerk gebruik vir dienste.
In die tydperk wat ds. Marius van
Jaarsveld predikant was, is mev. Zirkia van Wyk wonderbaarlik deur die Here van
longkanker en tering genees. ‘n Fietstoer oor ‘n afstand van 480 kilometer wat
hy en vyf van die Westelike en Randse Ringe aangepak het vir fondse, is ryklik
deur die Here geseën.
Ons sal as gemeente voortgaan om Hom
te verheelik deur die verkondiging van sy Woord aan ‘n verlore wêreld sowel aan
sy kinders. Ons vertrou die Here vir ‘n gepaste aanbiddingsplek om Hom in te
verheerlik.
Ons moet onthou dat alles om God en
sy verheerliking gaan. Ons is hier met die uitsluitlike doel om sy wil te doen.
Die enigste wyse wat ons Hom, sy wil en sy plan vir ons lewens kan ken en doen,
is deur sy ewige Woord. Daarom moet Gods Woord deur elke mens bestudeer,
verkondig en geleef word.
Mag die woorde van Martin Luther aan ‘n groep teologiese studente op 10 Maart 1522 in ons kerk van Sondagskool tot Moderatuur – ‘n werklikheid word: “ . . . To my brothers who are the graduates of this class, wherever you go, whatever the Lord calls you to do, wherever He puts you, may those who know you say: He accepts nothing but the authority of Scripture. We labored with him, we tried to persuade him, we tried to attract him to something else, but he will not depart from the Scriptures. He accepts only the authority of the Word.”