Westdene (Johannesburg)

 

STIGTINGSDATUM: 26 OKTOBER 1968

LIDMAATTAL: 28

 

Predikante wat die gemeente bedien het: Di. D.J. Ferreira, van Zyl, J.Kitching, C.de W. Pieterse, De la Guerre, P Swanepoel, B van Z Venter, F.Smit en tans J.D. Jones.

 

Geskiedkundige agtergrond: Die stigtings­vergadering is deur ds. Van Tonder gehou in die Brixton skoolsaal op die 26 Oktober 1968. Die eerste predikant wat beroep is, was ds. Ferreira. Deur die Heer se genade is die kerkgebou onder leiding van ds. C. de W. Pieterse ingewy op die 5de Maart 1979.

 

Wat die afgelope 6 jaar betref, kan ons net getuig dat die Here vir die gemeente geestelik sowel as finansieel goed was. Ons is veral dankbaar vir mense wat die Here gevind het – een selfs op die hoë ouderdom van 80 jaar. As die Here werk, kan niemand dit keer nie.

 

Toekomsvisie: Volgens die notule­boek het dit nie altyd “goed gegaan” met die gemeente nie. Daarvan sal al die vorige predikante kan getuig. “Nie goed gaan” is soms tot voordeel van die geestelike groei van ‘n gemeente. Dit laat ‘n mens jou afhanklikheid van die Here besef. Ons begeerte vir die toekoms is dat die Here sy werk in die gemeente sal voortsit en uitbrei totdat Hy ons kom haal. Dat ons met vrymoedigheid voor Hom kan verskyn om loon te kan ontvang.

 

Kort boodskap van leraar: My gebed vir ons as kerk, is om die waarheid wat die Here aan ons toevertrou het, in ons harte te bêre – en nie kompromie met die wêreld te maak nie. Dat ons die waarheid sal verkondig en verdedig met al die krag wat die Here ons gegee het. Kom laat ons by die waarheid hou, al sou sommige nie daarvan hou nie en selfs afvallig raak. Immers, leer ons in die Woord dat die waarheid ons vrymaak. Werk, want die nag kom nader, dan kan ons vir die saak van die Here niks meer doen nie.