Warmbad

 

STIGTINGSDATUM: 1979

LIDMAATTAL: 44

 

Predikante wat die gemeente bedien het: Di. K.Theunissen, A.J.J.Olwagen, G.Coetzer, W. Grob­ler, R.Scorgie en huidiglik J.Olivier.

 

Geskiedkundige agtergrond: Ds. Kosie Theunissen het die gemeente begin. Dienste is in die Anglikaanse Kerk gehou. Tydens die bediening van ds. Olwagen is die kerkgebou eiehandig deur gemeentelede gehou. Dit is op 7 Desember 1983 ingewy.

 

Toekomsvisie: Dat die Here deur die redding van siele die gemeente se lidmaattal sal verdubbel. Verder, dat ons as gemeente vir Paul Kühn wat in Mosambiek sendingwerk doen, finansieel volkome sal kan onderhou.

 

Kort boodskap van leraar: God is getrou. Hy sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie.