Volksrust
STIGTINGSDATUM: 1992
Vanaf die stigting is die gemeente
bedien deur di. G. Grobler, F. T. Brits, en tans L. Holder.
Lidmate van Boksburg gemeente het in 1991 na Volksrust verhuis.
Hulle het by Newcastle gemeente ingeskakel, maar dit moeilik gevind om betrokke
te bly as gevolg van die afstand tussen die dorpe. Daar het ‘n behoefte in hul
harte ontstaan om te begin met ‘n Sondagskool vir hulle en ander kinders. Kort
boodskappe is ook by hierdie geleenthede deur gemeentelede gebring. Ds.
Gerhard de Wet het begin met die hou van dienste in Charlestown – ongeveer 9 kilometer vanaf Volksrust. Daar
is ook ‘n reeks wederkomsdienste gehou. Naas besoekers het oud-lidmate
gereageer op die advertensie en het E.G.-lede saam met belangstellende
besoekers begin saamkom en die hartsbegeerte uitgespreek om ‘n eie leraar vir
Volksrust. Ds. Gert Grobler is toe deur die SEK benoem vir Volksrust. Die
gemeente is vervolgens in Januarie 1992 in die sysaal van die stadsaal gestig.
Dit is wonderlik dat die gemeente in hierdie moeilike ekonomiese tye steeds
groei en dat siele gered word.
Ons visie is dat siele gered sal word en dat ons gemeente binne 3 jaar
selfstandig sal word en die Here ons daartoe in staat sal stel om ‘n eie
kerkgebou of saal op te rig.
“En die Gees en die bruid sê: Kom! En laat hom wat hoor, sê: Kom! En laat hom wat dors het, kom; en laat hom wat wil, die water van die lewe neem verniet.” (Openbaring 22:17). Sal ons as kinders van God nie ons stem saam met die Bruidegom voeg deur in hierdie laaste rukkie voor sy koms uit te roep tot ‘n verloregaande mensdom om hul saak met Hom reg te maak nie, terwyl die Bruidegom uit genade nog steeds dringend na hulle roep. As gemeente in Volksrust vra ons u om saam met ons te bid vir die redding van siele en dat ons gebede verhoor sal word.