Vereeniging

 

STIGTINGSDATUM: 1955

LIDMAATTAL: 90

 

Predikante wat die gemeente be­dien het: P.A.Geldenhuys, W. Rudolph, S. J. Fourie, J. A. Saunders, F. S.Coetzee, C. F. Smit, D. J. Fei­reira, C.R.de W.  Pieters, F.H.  Smit, J. S. E. Bekker.

 

Aanvanklik is byeenkomste in huise en daarna in ‘n saal in Lesleystraat gehou. Beide Meyerton en Vander­bijlpark het van Vereeniging afgestig. Die pragtige kerkkompleks is kontant gebou en grotendeels die handewerk van ds. C.R. de W. Pieters. Fondse vir die bouprojek is onder meer bekom deur die verkoop van die pastorie. Die kompleks is op 28 September 1999 ingewy.

 

  Ons gemeente bestaan om mense te bereik, te betrek en te begelei om God te leer ken, terwyl ons mekaar bedien in ons einddoel dat God bewonder moet word.

 

 Ons land het ‘n behoefte aan die E.G.­Kerk omdat daar werklik dui­sen­de mense in Suid-Afrika is wat soe­kende is na ‘n behoudende, Bybel-gefun­deerde kerk. Ons is so ‘n Kerk! Laat dit ononderhandelbaar wees om ‘n Godvresende, suiwer en ordelike kerk te bly, met ‘n ernstige ywer vir heiligheid en ‘n passie vir siele.