Upington
STIGTINGSDATUM: 1 DESEMBER 1993
Predikante wat die gemeente bedien
het: Di. Johan Besselaar, Awie van Wyk en tans Martyn Devenier.
Geskiedkundige agtergrond: Die
gemeente is gestig na ‘n reeks dienste deur di. Van Sittert en Besselaar. Vanaf
‘n lidmaattal van 17 het dit gegroei na 92.
Toekomsvisie: Om die evangelie
aan Upington te bring. Ons vertrou die Here om ons
gemeente te laat groei en ons wil
graag elke lidmaat daarby betrek.
Kort boodskap van leraar: Bid asseblief dat Upington spoedig selfstandig sal word, vir geestelike groei en die redding van siele. Skrif wat ons hiervoor ontvang het, is Jesaja 49:20 en Jesaja 54: 2,3.