Uitenhage

 

STIGTINGSDATUM: 1957

LIDMAATTAL: 230

 

Predikante wat die gemeente bedien het: Di. P.S. Roach, C.F. Smit, F.J.S. Haupt, J.D. Mienie H.S.P. Swane­poel, S.J. Becker, H.F. Prinsloo, W.J. Barkley, J.A. Schellinger­hout, B.A. Greeff, J.J. du Toit.

 

Geskiedkundige agtergrond: Die hoë reiskostes na Port Elizabeth het gelei tot ‘n verlange om ‘n eie gemeente in Uitenhage te hê. Ds. J.A.Saunders het die gemeente in 1957 met 5 huis­gesinne gestig. Aanvanklik is daar in die “Times Saal” kerk gehou. Twee ge­meente­lede, mnre. Joe Deetlefs en Kruger het hul huise by die bank verpand om die kerkgebou in van Rie­beeckhoogte te bou. Die koste van die erf was £1 (ongeveer R2 in daardie tyd). Die kerkgebou is voltooi en op 14 November 1959 ingewy.

 

Toekomsvisie: Ons visie is om beelddraers van Jesus Christus te wees, siele te wen vir die konin­kryk van God en dissipels te maak volgens die “Groot opdrag.”

 

Kort boodskap van leraar: Met die wederkoms van Christus op hande, staan vas en volhard in die geloof. Stry die goeie stryd en voltooi die wedloop.