Tygerberg
STIGTINGSDATUM: 5 MAART 1977
LIDMAATTAL: 590
Predikante wat die gemeente bedien het: Ds. Tolken
het die gemeente bedien vanaf sy stigting tot en met Junie 1980. Hy is opgevolg
deur dr. Zevenster. Tans word die gemeente deur dr. E. J. Zevenster en di O. du
Plooy en E. Matthee bedien.
Geskiedkundige agtergrond: ‘n Sekere mnr. C. van der
Berg, ‘n lidmaat van ‘n Pinksterkerk, het in die vroeë sewentigerjare uit eie
inisiatief vir ds. J. A. J. Olwagen genooi vir ‘n reeks dienste. Dit het die
basis gevorm vir die toekomstige gemeente. Etlike maande later is ‘n opvolgreeks
gehou en die gemeente vanuit Kuilsrivier se Burgersentrum met 10 lidmate
gestig. Binne 8 jaar, op 21 Julie 1984 is die kerkgebou ingewy.
Die volgende
gemeentes is uit Tygerberg gestig: Worcester, Malmesbury, Vredendal, Velddrif,
Strand, Paarl en Hermanus. Ons het tans Stellenbosch in ons visier.
Toekomsvisie van gemeente: Om ‘n Geesvervulde en
evangeliserende gemeente te wees sodat die lig van die evangelie vanuit
Tygerberg die hele Wes-Kaap vir die Here sal bereik.
Kort
boodskap van die leraar: Koop die tyd uit. Doen elke dag wat jou hand vind om te doen. As jy
dinge nie laat gebeur nie, sal niks gebeur nie. Die Here het vir ons die krag
en toerusting belowe en voorsien, die resultate in God se werk hang van ons
inisiatief af.