Springs
KORT GESKIEDENIS RONDOM STIGTING:
‘n Vergadering is op 18 Oktober 1944 in die Masonic saal
gehou wat deur 80 persone bygewoon is. Die gemeente is daardie aand onder
leiding van dr. de Vos met 62 lidmate gestig.
Inwydingsdatum van kerkgebou/saal: 31 Augustus 1974.
Die Here was wonderlik getrou met sy voorsiening tydens die
bou van die kerk. Die kerk is teen ‘n fraksie van die koste gebou in
vergelyking met wat dit vandag sou kos.
Predikante wat die gemeente bedien het: Di. C.Cronje, W.
Botha, S. v.d. Mescht, O.Storm, C.J. Serfontein, C.A. Devenier, H.Smith, F.S.
Coetzee, F. Haupt, L.P. van Sittert, J. Botha, R. Scholtz, J. Prinsloo, G.
Beukes.
Toekomsvisie van die gemeente:
‘n Jaar van gebed vir 2004.
KORT BOODSKAP VAN DIE LERAAR AAN DIE LESERS:
“Bid vir u leraar, kerkraad en bestuurslede. Stop
die kritiek en sien u leiers as deur God aangestel. Trek die evangelie-wa saam
met hulle, want u het ‘n hoë roeping as lidmaat om te dien.”