Rustenburg
STIGTINGSDATUM: 1958
Predikante wat die gemeente bedien het: Di.
Holtzhauzen, Du Plessis, Steyn, Prinsloo, Devenier, Mienie, Ferreira, Coetzer,
Boshoff, Jacobs en tans van Rensburg.
Geskiedkundige agtergrond: Di. Ben Smit het ‘n reeks
dienste in die stadsaal gehou. Daarop is die gemeente deur ds. Willie Grobler
gestig. Die eerste kerkraad was: H. Coetzer, F. Pretorius, Willie Gouws en
Attie Basson. Tans is ons besig om ‘n nuwe kerk te bou.
Toekomsvisie:
Dat die
Here in die afsienbare tyd talle kosbare siele sal red – veral met die oog
daarop dat Rustenburg huidiglik geweldig uitbrei.