Richardsbaai

 

STIGTINGSDATUM: 30 JANUARIE 1994

LIDMAATTAL: 177

 

Predikante wat die gemeente bedien het: Di. G.Kock, E. Rötcher en huidiglik P. Loots.

 

Geskiedkundige agtergrond: Die gemeente is onder leiding van ds. Van Sittert gestig. By die stigting was daar 25 lidmate en 6 voornemende lidmate. Die eerste dienste is in die gemeenskapsaal van Veldenvlei gehou. Die Here het voorsien dat ons ‘n hoekerf kon bekom vir R141 000 – dit is die helfte van die normale koop­prys. Ons is tans besig met die oprigting van ‘n kerkgebou asook ‘n spesiale sentrum vir jong­mense.

 

Toekomsvisie: Ons visie is om ‘n oord te wees waar storm­gejaagde mense rus kan vind vir hulle siele. Verder  wil ons deur die evangelie ‘n impak maak in Suid-Afrika sowel as in die buiteland.

 

Kort boodskap van leraar: Laat ons met blydskap en toe­wyding die pad van die Here loop en elke dag ‘n dank­baar­heids­geleentheid maak vir genade aan ons betoon.