Pretoria-Oos

 

STIGTINGSDATUM: 10 MEI 1998

LIDMAATTAL: 150

 

Die gemeente is gestig nadat ds. en mev. Haupt vanf 1 Maart 1998 hier gearbei het. Die gemeente is gestig met 66 lidmate afkomstig uit ver­skillende kerkgenootskappe. Die eerste twee jaar was ‘n opdraande stryd. Dienste is gehou in ‘n saal wat ook gebruik is vir boks, stoei en troues. Die Here het ons in staat gestel om ons eie kerkgebou op te rig – die eerste grasdak kerkgebou in die E.G.K. Die nuwe kerkgebou is op 19 Januarie 2002 ingewy.

 

  Die Here het ons gemeente be­sonderlik geseën deur wonderlike genesings te verrig. Met die bou van die kerk het die Here so wonderlik voorsien – al die eer aan Hom.

 

  Die uitbreiding van Pretoria het verskuif na die oostelike voorstede, waar ons kerk geleë is. Sedert die inwyding van die kerkgebou is daar talle woonbuurtes hier ontwikkel. Reg teenoor die kerk is 700 huise in aanbou. O, dat hierdie gemeente ‘n vuurtoring sal wees vir verlore siele!

 

  Ons begeerte is dat die kerk en die saak van die Here in hierdie nuwe jaar sal uitbrei en dat talle siele gered sal word. Mag ons elkeen gereed wees vir die wegraping.