Pretoria-Maranata
STIGTINGSDATUM: 6 OKTOBER 1973
Predikante wat die gemeente bedien het: Di.
A.Olwagen, J.Mienie, H.Prinsloo, P.Loots, P.Schoeman, W. du Plessis en
huidiglik T.Putter.
Geskiedkundige agtergrond: Die gemeente het sy ontstaan
vanuit Rietfontein gemeente gehad. Aanvanklik is dienste in die stadsaal van
Pretoria-Noord gehou. Die genade van die Here is op ‘n groepie biddende en
wagtende lidmate uitgestort toe geskikte grond vir hulle beskikbaar gestel is
vir ‘n kerk. Pretorie-Maranata is jare lank gekenmerk deur ‘n besondere werking
van die Here. Daar was talle kere waar vrouens tydens die voorsang, wenende
bewus geraak het van die teenwoordigheid van die Here. Talle predikante het hul
roeping ontvang terwyl hulle lidmate van die gemeente was.
Toekomsvisie:
1. Om terug te keer na die ou weë van heiligheid.
2. Om die bediening van goddelike genesing uit te bou.
3. Om lidmate op te lei sodat elkeen ‘n “evangelis” kan wees.
Kort
boodskap van leraar: Die vrees van die Here is die beginsel van die kennis; .
. . is iets
wat in ons dag so kortkom. Laat ons dit najaag om die Here te dien, waak en bid
en laat ons ons van alle besoedeling van die vlees en die gees reinig, en laat
ons die heiligmaking in die vrees van God volbring.