Port Elizabeth-Wes

 

STIGTINGSDATUM: AUGUSTUS 1973

LIDMAATTAL: 230

 

Predikante wat die gemeente bedien het: Di. C. Devenier, G. Coetzer, J.Herbst, P.Loots, J. Mienie(sr), J. Mienie (jr) en huidiglik F. Smit.

 

Geskiedkundige agtergrond: Die gemeente is afgestig van Port Elizabeth Moedergemeente met ongeveer 30 lidmate. Regdeur die geskiedenis van die gemeente was daar gereelde tye van ge­samentlike gebed. Dit was die krag wat God se teenwoordigheid ‘n werklikheid gemaak het. Gebed en nogmaals gebed is wat die gemeente tot hier gedra het.

 

Toekomsvisie: Om in Port Elizabeth ‘n helder lig van die evangelie te wees, en om deur liefde en samehorigheid ‘n geestelike tuiste vir kinders van God te wees.

 

Kort boodskap van leraar: Ons leef in ‘n tyd waar daar ‘n geweldige aanslag teen die kerk van die Here Jesus is. Ek wil u daarom aanmoedig om waardig vir die Here te wandel en Hom in alles te behaag (Kol. 1:10).