Port Elizabeth – Suid
STIGTINGSDATUM: 10 AUGUSTUS 2003
Ds. A.J. van Jaarsveld (Cobus) is
die eerste predikant van Port Elizabeth-Suid.
Geskiedkundige agtergrond: In opdrag
van die sinode in 2002 is daar in Januarie 2003 met werk begin. In Februarie
2003 het dr. Zevenster ‘n reeks dienste kom hou. Belangstellendes is gevra om
hul pad met die nuwe gemeente te verbind. Nege persone het begin om dienste by
te woon. Vervolgens is die gemeente met 15 lidmate gestig. Tans word dienste in
die biblioteeksaal van die Hoërskool D.F.Malberbe gehou.
Toekomsvisie: Dit wat God
in 1964 begin het met die eerste gemeente, wil ons, deur sy genade, weer laat
voortleef en groei. Ons begeer om ‘n plek van rus en geestelike groei vir die
mense in hierdie deel van Port Elizabeth te bied.
Kort boodskap van leraar: Dit is ‘n eer en voorreg om hier in diens van die Here te staan. Ons dank elkeen wat vir ons bid en ondersteun. Dit maak dat die gemeente sy skeppingsdoel kan vervul en ons op koers bly. Bid saam met ons en ondersteun ons as die Here u daartoe opwek. Ons begeerte is sy wil – dat mense gered en geheilig word soos net die Here dit kan doen.