Phalaborwa
STIGTINGSDATUM: 15 November 1986
Predikante wat die gemeente bedien
het: Di. Rudi Beukes (Des. 1986-), Willie Grobler (Sept. 91-Nov. 93), Wimpie Raath (Des.
93-99), Gerrie Ploos van Amstel (1999-Sept. 2001) en tans Herbie Lyon (Okt. 2001-)
Geskiedkundige agtergrond: Ds. Woest
het gevra of ‘n student daar geplaas kan word. Di. Jasper Schellingerhout en
Conrey Ferreira het vir 6 weke prakties in Phalaborwa gedoen. Dienste is met
goeie vrug te Essenstraat 17 gehou. Na ‘n besoek van di. Coetzee en Haupt om
die vatbaarheid vir ‘n gemeente te toets, is die gemeente in die ou
Voortrekkersaal met drie gesinne gestig. Met verloop van tyd is die gemeente in
drie wyke verdeel. Naas koninkrykswerk, het hulle onderskeidelik gewerk vir ‘n
kansel, nagmaalstafel van kiaathout en dakwaaiers. Verder het elke gesin vir sy
eie gesin stoele gekoop + 2 ekstra stoele. So het hulle twee honderd stoele kon
aankoop. Die gemeente se kerkgebou is op 30 Junie 1990 ingewy. Vanaf 2001 is
die jaarlikse padwedloop op 1 Mei die hoogtepunt vir hul fondsinsameling.
Toekomsvisie: Selfstandigwording
en ontwikkeling van die kerkperseel. Daar is nog genoeg spasie vir ‘n saal en
‘n pastorie.
Kort boodskap van leraar: Die tyd is
besig om uit te loop, daarom is dit nodig dat ons verhouding met die Here al
hoe intiemer en inniger sal word. Wat ‘n groot en heerlike taak lê die Here
Jesus nie op ons skouers nie – dat ons voorbidders kan wees.
Wees beskikbaar vir God.