Oudtshoorn

 

STIGTINGSDATUM: JANUARIE 1994

LIDMAATTAL: 67

 

Predikante wat die gemeente bedien het : Di. Awie van Wyk, Johan Besselaar en tans Hennie Vorster.

 

Geskiedkundige agtergrond: Die ge­meente het in 1994 as ‘n onselfstandige gemeente vanuit die gemeente van George ontstaan. Die eerste leraar was ds. Awie van Wyk.

 

  Wat lank net ‘n droom was, is besig om ‘n werklikheid te word. In 1999 het die gemeente ‘n kerkerf gekoop. Projekte is geloods en daar is baie gebid vir fondse om ‘n eie kerkgebou op te rig. Die nodige fondse het egter ontbreek. Na baie weke op ons knieë het die gemeente, soos die priesters van ouds by die Jordaan­rivier, die eerste tree gegee en die fondasie gegooi. Onmiddellik het die Here begin voorsien en kon ons maar net met verwondering sien hoe Hy werk. Ons het gedink dat net die fondasie teen die einde van 2003 reg sou wees, maar die kerksaal is al feitlik dakhoogte. Ons kan die Here Jesus maar net loof en prys, want Hy is wonderlik en ‘n waarmaker van sy Woord. Baie dankie ook aan elke gemeente wat vir ons donasies vir die bouwerk gestuur het.

 

Toekomsvisie: Om die kerksaal hierdie jaar te voltooi en in te wy. Verder, die redding van kosbare siele.

 

Kort boodskap van leraar: Kom ons bid dat die Here ons en ons kerk kragtig sal gebruik om die waarheid van sy Woord uit te dra en uit te leef.