Orkney
STIGTINGSDATUM: 27 Januarie 1991
Ek en my vrou het lidmate geword
die dag toe die HERE ons op 6 Desember 1959 te Springs uit genade gered
het. Die Here het my tot voltydse diens geroep en na afstudering aan die
Kweekskool is ek op 8 Augustus 1964 te Standerton georden en bevestig. Ek het
na 35 jaar diens emeritaat ontvang en nou is ek vanaf Januarie 2003 weer
voltyds in Orkney gemeente.
Terwyl ek weer deur die Heilige Gees in voltydse diens geplaas is, is my
begeerte om God te verheerlik saam met die gemeente wat ek bedien. So lees ons
dan ook in 1 Kor. 6:20: Julle is duur gekoop, verheerlik God dan in julle
liggaam en gees wat aan God behoort. Om dit te kan doen, moet ons ons lewe
aan die Heilige Gees oorgee om ons in die hele waarheid te lei. (Joh. 16:13). Jesus Christus is die
weg en die waarheid en die lewe
(Joh. 14:3). Julle sal die waarheid ken en die waarheid sal julle
vrymaak (Joh. 8:32). As die Seun julle dan vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees (Joh. 8:36).
Dit is my begeerte en my boodskap aan die kerk: Bly in die waarheid,
dan sal geen dwaling inkom nie.
Laat julle vriendelikheid aan alle mense bekend word (Fil. 4:5).
Daardeur sal baie mense getrek word en die geleentheid geskep word om die groot
opdrag van God uit te voer, naamlik: Gaan die hele wêreld in en verkondig
die evangelie aan die ganse mensdom (Mark. 16:15).
So sal daar groei in die kerk wees. Bid! Bid! Bid! Asseblief vir die
Kerk in hierdie moeilike tye. Mag God ons hierin help.
Orkney gemeente is met 43 lidmate op 27 Januarie 1991 in die Western
Reef Primary School Hall gestig. By hierdie geleentheid was ds. F.S. Coetzee en
ds. L.P.van Sittert teenwoordig.
Proponent E.Smith het die werkkring alhier bedien, en is in September
1991 georden en bevestig as die eerste leraar van die gemeente. Die kerk in
Miltonlaan 148 is van die Assembly’s of God gehuur vanaf Maart 1992 en is in
April 1997 deur die gemeente aangekoop. Ds. Cobus van Jaarsveld het in 1997 na
die gemeente gekom en is in Januarie 1998 georden en bevestig. Hulle het vir ‘n
tydlank in die kerksaal gewoon. In 2000 is die pastorie by die kerk opgerig en
in Oktober betrek. Ds. Van Jaarsveld is na Port Elizabeth beroep en het die
gemeente in Desember 2002 verlaat.
Ds. Willie du Plessis bedien tans die gemeente vanaf Januarie 2003. Bid asseblief vir die gemeente.