Olifantsrivier (Vredendal)

 

STIGTINGSDATUM: 1992

LIDMAATTAL: 46

 

Ds. B.F. Hayes is die predikant van Olifantsrivier sedert sy stigting.

 

  Aanvanklik is daar ‘n loods­reeks vanuit Tygerberg ge­meente gehou. Die gemeente is begin met slegs 11 lidmate en vier kinders. Op 20 November 1993 het die groot dag aangebreek toe ‘n eie aanbiddingsplek ingewy is. Die Here het aan ons ‘n perseel van 3 300  vk  meter  voorsien  vir R30 000. Ons het ons kerk en die pastorie as eienaarbouers gebou en skuld tans slegs R140 000 op beide. Ongelukkig moes ons ook oor die afgelope jare talle lidmate aan verstedeliking afstaan.

 

  Ons wil net in Vredendal ‘n plek bied waar mense die Here Jesus kan ontmoet.

 

  Spreuke 16:3 – Laat jou werke aan die Here oor, dan sal jou planne uitgevoer word. Laat die Here Jesus toe om ook jou Plannemaker te wees!