Nylstroom

 

STIGTINGSDATUM: November 1985

LIDMAATTAL: 146

 

Ds. Otto Kruger was die eerste predikant van Nylstroom. Huidiglik arbei ds. Dirk Lourens en sy vroutjie al vir etlike jare hier.

 

  Die gemeente het met slegs 14 lidmate begin. Aanvanklik is dienste gehou in die grasdak kerkie van die Anglikane. Later verskuif die gemeente na die S.D.A. Kerk tot en met die inwyding van die saal. ‘n Boek kan geskryf word rondom die seën en voorsiening van die Here met die bou van die saal. Die saal is in Maart 1988 ingewy en die kerkgebou in Maart 1991.

 

  In ‘n redelik klein plattelandse dorpie is ons dankbaar vir die Here se groot genade in ons totstandkoming en onderhouding. Slegs ‘n derde van die lidmate woon in Nylstroom. Een van die dae gaan ons weer een van die stigters­lede, oom Paul Els (nou 86 jaar jonk), voorstel as ouderling.

 

  Ons visie is: dat, terwyl ons verlang na, bid en wag op ‘n Godgewerkte herle­wing, ons as lidmate waarlik mag skyn soos ligte in ‘n donker wêreld en onder ‘n krom en verdraaide geslag. Ons begeer die redding van vele verlore siele en die heiligmaking van ons as Gods kinders.

 

  Ester 4:14 - . . . en wie weet of jy nie met die oog op ‘n tyd soos hierdie tot die koninklike waardigheid geraak het nie? Dit is geen toeval dat juis ons vandag moet lewe nie – tye, geleenthede en mense is immers in God se hand. Daarom skep moed en wees op u beste vir Jesus! Jes. 41:6 - . . . Die een het die ander gehelp en aan sy  metgesel gesê: Wees sterk!