Nigel
STIGTINGSDATUM: 1945
Tot op hede is die gemeente bedien
deur di. C.Naude, S.Fourie, H. Storm, F. Hugo, F. Hatting, W.P.Grobler, H.
Swanepoel, C.F.Smit, W.T. Wilkinson, G. Coetzer, H. Prinsloo, A. Denyschen,
J.D. Mienie en tans P.H.S. van Zyl.
Nigel het van Springs gemeente afgestig. Aanvanklik is die dienste gehou
in ‘n gedeelte van ‘n winkeltjie. Later is daar van die Presbiteriaanse kerk
gebruik gemaak tot ‘n eie saaltjie opgerig kon word. Die saal is ingewy deur
ds. S. Fourie op 25 November 1950 en die kerkgebou deur ds. C.F. Smit op 16
Oktober 1976. Vanaf 1957 bedien Nigel die Kweekskool. Heidelberg gemeente het
op sy beurt van Nigel afgestig.
Ons visie is: om een in Christus te wees en uit te reik na siele
tot uitbreiding van Gods koninkryk.
Hou vas aan God en sy Woord. Pasop vir verkeerde leringe! Laat ons Bybelse Christene wees. Die Here seën u.