Newcastle

 

STIGTINGSDATUM: 26 APRIL 1975

LIDMAATTAL: 175

 

Predikante wat die gemeente bedien het: Di J. de la Quere, J. Reiners, P. Loots, W. Botha, H. van Rensburg, G. de Wet en tans W. Roux.

 

Geskiedkundige agtergrond: Die gemeente is deur ds. De la Quere begin met ‘n klein groepie mense waarvan oom Tewie en Ick Myburgh die eerste lidmate was. Later het oom Salie en Lettie van Wyk bygekom. Die eerste dienste is in die Rooikruis-saaltjie gehou waar die Here gereeld siele gered en by die gemeente bygevoeg  het. Tydens die be­diening van ds. Botha is die kerksaal en pastorie gebou. In die negentigerjare is daar begin met ‘n bouprojek onder leiding van die huidige leraar. Die bouplanne is deur mnr. Potgieter opg­e­stel. Op 17 Mei 1997 is die wonderlike mylpaal bereik toe die nuwe kerkgebou met sy 300 sitplekke ingewy is. Aan die Here al die eer deurdat die kerk kontant gebou kon word.

 

In die 29 jaar van die gemeente se bestaan, is daar nie minder nie as 20 persone vir voltydse diens geroep. Tydens ‘n diens wat gehou is vir motorfietsryers, is twee “bikers” gered. Die gemeente het ook wonder­gene­sings ervaar. So is mev. Willie Schoeman genees voordat sy ‘n groot rugoperasie sou ondergaan. Twee jaar gelede het die Here ook hier ‘n man uit die dood opgewek.

 

Toekomsvisie: Ons grootste begeerte is dat die Here ons hele gemeente lewend sal maak sodat ons getuies sal wees met brandende harte.

 

Kort boodskap: Soek die Here met ‘n onverdeelde hart.