Meyerton

 

STIGTINGSDATUM: 4 Januarie 1969

LIDMAATTAL: 184

 

Predikante wat die gemeente bedien het: Di. L.P. van Sittert, J.A. Olwagen, T.J.C. Bothma, W. Lues, G. Coetzer, F.H. Smit, P.H.S. van Zyl, W.H. du Plessis en huidiglik J.Keyser.

 

Geskiedkundige agtergrond: Meyerton gemeente het afgestig van Vereeniging tydens die bediening van ds. F.S.Coetzee. Die eerste leraar, ds. L.P. van Sittert is op 17 Februarie 1969 beroep. Die totstandkoming van die gemeente en die aankoop van  die pastorie was beantwoording van gebed. Reeds op die 27ste September 1969 kon hulle hul eie aanbiddingsplek inwy.

 

Toekomsvisie: Die uitbreiding van die koninkryk van die Here. Die redding van siele en dat die gemeente ‘n tuiste sal bied vir mense wat soekend is na die Here.

 

Kort boodskap van leraar: “Ons leef in ‘n tyd van groot uitdagings. Die Here wil ons seën en ons moet in hierdie dae die grootheid, almag en getrouheid van God raaksien. Net Hy kan genesing vir die nood van ons mensdom bring. Bely Hom, volg Hom en dien Hom op elke plek waar u kom.”