Margate

 

STIGTINGSDATUM: Oktober 1994

LIDMAATTAL: 75

 

Drie predikante het tot dusver die gemeente bedien. Hulle is di. Dolf Steyn, Gerrit Snyman en tans Gert Kruger.

 

  Vier gesinne wat na die Suidkus verhuis het, het verlang na ‘n E.G. Kerk. Dit het daartoe gelei dat ‘n werkkring tot stand gekom het. Tans is daar ‘n mooi  groei in lidmate en belangstellendes. Ons beskik oor ‘n eie pastorie en het reeds ‘n kerkerf.

 

  Ons visie is: om die kerkgebou so gou as moontlik op te rig sodat meer mense effektief bereik kan word.

 

  God is groter as alles en almal – as Hy werk, wie kan dit keer? Soek en erken God as die enigste Bron in jou lewe. Hy en Hy alleen is die groot voorsiener. Al wat ons moet doen, is om Hom daarvoor te vertrou.