Malmesbury

 

STIGTINGSDATUM: 28 MEI 1994

LIDMAATTAL: 46

 

Predikante wat die gemeente bedien het: Proponentskandidaat Jacques Erasmus, di. Pieter Loots, Erich Rötcher en tans Gerhard van Eeden.

 

Geskiedkundige agtergrond: ‘n Groepie Christene uit die Swartland het kennis gemaak met die EGK gemeente te Tygerberg en die behoefte gehad om ‘n eie gemeente te Malmesbury te stig. Malmesbury gemeente het vir sy ontstaan baie te danke aan Tygerberg gemeente. Tygerberg het hulle vir ‘n lang tyd gesubsidieer. Hulle het reeds op 2 Julie 1994 hul eie kerkgebou ingewy.

 

Toekomsvisie: Om ‘n selfstandige plattelandse gemeente te vestig en om die Christusboodskap in die Swartland uit te dra.

 

Kort boodskap van leraar: Mal­mesbury gemeente is ‘n klein dog brawe gemeente wat reeds sy merk in die dorp gemaak het. Dit is ‘n vriendelike hardwerkende gemeente wat respek  in sy omgewing af­dwing.