Louis Trichardt
STIGTINGSDATUM: 31 Januarie 1998
Dit is een van die jongste gemeentes en is nog net deur twee
predikante bedien, naamlik di. Herbie Lyon en Martyn Devenier. Tans help ds.
Tertius Smit op Louis Trichardt uit.
In 1996 het ds.
Gerhard van Eeden van Ellisras op versoek van twee gesinne een maal per maand
dienste kom hou in Louis Trichardt. Tydens 1997 het ds. Lyon sy internskapjaar
hier kom doen en die gemeente is in 1998 met 23 lidmate gestig. Ons bid al lank
vir ‘n eie plek van aanbidding. ‘n Nie-lidmaat het aan ons R17 000 geskenk vir
hierdie doel. Dis nog nie naastenby genoeg nie, maar dit is ‘n begin. Ons loof
die Here vir hierdie voorsiening uit ‘n onvoorsiene oord.
Louis Trichardt
gemeente het die potensiaal om nog baie te groei. Ons visie is om uit te reik
na gebroke, soekende siele in die dorp. As ons eers die koninkryk van God soek,
sal Hy die siele byvoeg.
Bid vir ons as ‘n klein onselfstandige gemeente. Bid vir genoegsame fondse sodat die predikant en lidmate van klein gemeentes hulle nie hoef besig te hou met fondsinsamelingsprojekte nie, maar besig kan wees om siele te wen. Na die vertrek van ds. Martyn Devenier na Upington is Louis Trichardt tans vakant. Bid asseblief dat die Here duidelike leiding sal gee sodat die regte persoon benoem kan word.