Laaiplek

 

Geskiedkundige agtergrond: Op 15 Februarie 1997 het dr. Zeven­ster vir broer Jack Engelbrecht as leraar van die Kleurling gemeente te Laaiplek bevestig. Blanke per­sone het ook begin belangstel en dienste is in die Spar Sentrum gehou. Kort voor lank het dit geblyk dat twee werkkringe te veel is om te hanteer en ds. Fredericks is as leraar van die Kleurling gemeente georden.

 

Laaiplek is tans ‘n wyk van Tyger­berg gemeente. Die kerkraad be­staan uit ds. Engelbrecht, twee ouderlinge en ‘n diaken. Die belang­stelling en opkomste is baie goed – tot soveel as 70 persone per diens. Naas die gewone gemeentelike aksies het hulle ook ‘n sterk lektuur­verspreidingsaksie deur die Stem van die Martelare. Verder sub­sidieer hulle ook die Kleurling werkkring op Laaiplek.

 

Kort boodskap van die leraar: Ons is baie besorg oor die afval van ons dag en die afwyking van bekende tra­disies en riglyne van die verlede. Daar is ‘n “ver­nuwing” wat nie deur God en van God afkomstig is nie. Ek pleit vir eenheid, ernstige gebed en verootmoediging.