Krugersdorp
STIGTINGSDATUM: Maart 1952
Predikante wat die gemeente bedien het, was di. W.
Rudolph, W.P. Grobler, H.J.O. Storm, J.D.Mienie, D.van Rensburg, C. Krige,
J.Tolken, P. Beyl, W. Snijders en huidiglik P. Swanepoel.
Geskiedkundige agtergrond: Wyle di. Serfontein en
Fourie het ongeveer 1949 ‘n reeks dienste in Krugersdorp gehou. Die gemeente
het tussen Krugersdorp en Roodepoort gefunksioneer. Die pastorie was in
Roodepoort en die kerksaal in Krugersdorp. Later het Roodepoort met ds. Tolken
as leraar afgestig van Krugersdorp. Die gemeente het ‘n ontsaglike groot area
gedek met die gevolg dat talle gemeentes vanuit Krugersdorp ontstaan het. Dit
sluit ook gemeentes in wat op hul beurt weer ontstaan het uit gemeentes wat van
Krugersdorp afgestig het. Dit sluit onder andere die volgende in: Carletonville/Fochville,
Rustenburg en Roodepoort, Klerksdorp/Potchefstroom/Orkney, Randfontein/Westonarea,
Ventersdorp/Lichtenburg en Goudrif.
Ds. Rudolph van
Krugersdorp en ds. J.K.Barnard van Carletonville het in 1955 ‘n reeks dienste
in Tzaneen gaan hou wat tot die stigting van die gemeente van Tzaneen gelei
het.
Die huidige
kerkgebou is in Desember 1964 ingewy. Hier is die eerste Sondagskoolkongres in
Oktober 1959 en die eerste C.J.V. – kongres in September 1960 gehou.
Toekomsvisie: Eerstens om die viervoudige
boodskap van redding, heiligmaking, goddelike genesing en die nabye wederkoms
van die Here Jesus te bring. Tweedens, om ‘n atmosfeer van liefde te skep
tussen lidmate asook vir ‘n verlore węreld. Derdens, om ‘n liefde by lidmate te
kweek vir die lees van die onfeilbare Woord van God. Laastens, om die lidmate
te motiveer om die onderlinge byeenkomste getrou by te woon.
Kort boodskap van leraar: Wees getrou! “Besef ons
na reg hoe min tyd tot ons beskikking is om die opdrag van ons Verlosser, Jesus
Christus uit te voer?”
Gaan die hele węreld
in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom. (Markus 16:15)
Hoe kosbaar is tyd? Elke dag wat verbygaan, sterf siele sonder Jesus. Onthou dit kan jou kind of ‘n dierbare wees. My gebed vir elke leser van die Kerkblad is om getrou te wees aan die opdrag van Jesus. Wees getrou aan God en aan sy doel met ons lewens. Maranata!