Kroonstad

 

STIGTINGSDATUM: 1965

LIDMAATTAL: 144

 

In 1964/65 is daar tentdienste gehou deur ds. Louw Pienaar. Daarna het ds. Devenier begin met dienste in ‘n saaltjie in die dorp. Die huidige kerkgebou is gebou en in gebruik geneem tydens die bediening van ds. Coetzee.

 

  Die afgelope 10 jaar was daar ‘n mooi groei in lidmaattal. Ons visie is om die geestelike groei en geestelike verdieping van ons lidmate ons prioriteit te maak.

 

 Bid asseblief vir Kroonstad wat as gevolg van vele faktore swaarkry. Tog is ons dankbaar vir seëninge wat ons ontvang. Baie mooi dinge is besig om te gebeur, terwyl ons die Here vashou vir meer en groter dinge.