Kriel

 

STIGTINGSDATUM: 9 Januarie 1999

LIDMAATTAL: 136

 

Aanvanklik het ds. Frikkie Smit hier met ‘n werkkring begin. Na sy vertrek het dit egter half doodgeloop. Op 27 Januarie 1998 is ‘n besluit geneem om die gemeente van die grond af te kry. Die eerste student wat daana hier kom preek het, was Paul Grobbelaar op 22 Februarie 1998. Op 9 Januarie is ‘n gemeente gestig met 12 lidmate met ds. Hennie Vorster as eerste predikant. Die huidige predikant is ds. Paul Grob­belaar.

 

  Ons visie is om die viervoudige boodskap van die E.G.Kerk effektief oor te dra. Die oordra geskied deur prediking, evangelisasie en per­soonlike betrokkenheid.

 

  Mag die alwyse God u opnuut inspireer met ‘n visie en ‘n passie vir verlore siele. Volhard daarin om God se genade aan ‘n verloregaande mensdom uit te dra.