Klerksdorp
STIGTINGSDATUM: 1956
Predikante wat die gemeente bedien het: Di. Ben
Smit, Frikkie Hatting, Hannes Holtzhauzen, Fanie Hugo, Fred Haupt, Danie
Ferreira, Willie du Plessis, Pieter Swanepoel en huidiglik Okkie Schoeman.
Geskiedkundige agtergrond: Die kerkraad tydens die
stigting was: ouderlinge: Toy du Plessis, Cor Bezuidenhout, Braam Buitendag,
Tienie Bierman, C. Breytenbach, Bill Smith, Bug Naude, Andries Potgieter.
Dienste is in die Methodistesaal gehou. Tans is dit omskep in ‘n besigheid.
Die hoeksteen van
die kerkgebou is gelę op 5 April 1961, maar die inwyding was eers aan die einde
van 1961. Izak Minnie was die argitek en bou-inspekteur. Teen die einde van
1970 is die saal ook in gebruik geneem. Verskeie spesiale dienste is gereël
waarby onder andere di. Attie Olwagen, Chris Cronje, Adam Grobler asook Louw en
Sol Pienaar opgetree het.
Toekomsvisie: Om in die dorp waar die Here ons
geroep en geplaas het, te skyn soos ligte te midde van ‘n krom en verdraaide
geslag.
Kort
boodskap van leraar: Die Here Jesus het nie gebid dat ons verlos sal word van hierdie węreld
nie, maar dat ons in hierdie węreld bewaar sal word van die Bose (Joh. 17:15).
Mag u die beskerming van die Vader ervaar!