Kemptonpark
STIGTINGSDATUM: 12 Mei 1974
Presies nege jaar na die stigting
van die gemeente, is die kerkgebou ingewy op 12 Mei 1983.
Predikante wat die gemeente bedien
het: Di. Hennie Prinsloo, Boet van Rensburg, Danie Ferreira en
tans Gerhard de Wet.
Die gemeente is van Boksburg afgestig. Van die begin af was dit
duidelik dat die gemeente se ontstaan binne die wil van die Here was. Daar was
baie stryd, maar die Here het op wonderbaarlike maniere bewys dat Hy in die
saak is. Die gemeente het gegroei en daar is getuienisse van gebedsverhoring.
Verdere merkwaardige getuienis: Dit is
vandag nog duidelik dat die Here die gemeente – leraar en lidmate in die
gemeenskap gebruik. Heelwat mense vind die Here en waaroor ons dankbaar is, is
die besoekers wat ons gemeente besoek. Baie sluit dan ook by die gemeente aan.
“Die dae voor die koms van die Here is min. Die sielevyand weet dit en daarom is hy hard aan die werk om kinders van die Here te ontmoedig. Staan vas in die geloof, is my boodskap aan elke leser.”