Humansdorp
STIGTINGSDATUM: 25 Mei 1993
Predikante wat die gemeente
bedien het: Di. Jannie Olivier 25-05-93 tot 22-06-2002 en Roy Scorgie
29-06-02 tot hede.
Humansdorp is met 18 lidmate afgestig van die Gamtoos
gemeente. Opeenvolgend is daar onderskeidelik gebruik gemaak van die
Landbousaal en Methodiste Kerk vir dienste tot en met die inwyding van ‘n eie
kerksaal op 25 Mei 1996.
Toekomsvisie:
Dat die gemeente sal groei en dat huisies vir bejaardes op
die kerkterrein gebou sal word.
Die lewe het ‘n manier om ons plat te druk deur probleme, nood en hartseer. Die belofte van die Here Jesus dat Hy by ons sal bly al die dae tot en met die voleinding van die węreld (Matt. 28:20), bring rus en vrede in ons hart.