Goudveld (Welkom)
STIGTINGSDATUM: Mei 1960
Predikante wat die gemeente bedien
het: Di. C.A.Devenier, J.A. Olwagen, L.P. van Sittert, W. du
Plessis, J. Mienie, J. Kitching, P.A.Loots, W. Peyper, J.Grundling, W.R. Raath
en F. Bekker.
Geskiedkundige agtergrond: Ouderling
L.Fourie, een van die eerste lidmate van die gemeente skryf: “Aan die begin van
1960 het ‘n paar lidmate van die Kerk wat in die Goudveld kom werk het, in
huise begin dienste hou. Ons het begin bid vir die ontstaan van ‘n gemeente. Ek
glo die Here het ons behoefte gesien en die weg voorberei vir die ontstaan van
‘n gemeente. Toe daar planne beraam is vir die hou van ‘n reeks dienste, het
die lidmate wat hier was, saamgewerk en gebid. Aan die begin van Mei 1960 is
daar begin met ‘n reeks dienste deur verskeie leraars. Die reaksie was
oorweldigend. Baie mense het tot bekering gekom. Huisgesinne is gered en het
van krag tot krag gegaan. Dit was wonderlik om te sien hoe pa, ma en kinders
agterbly om hul saak met die Here reg te maak. Na afloop van die dienste is die
gemeente gestig en die eerste kerkraad verkies.”
Uit hierdie gemeente is verskeie persone deur God vir voltydse diens
geroep – di. Corrie Bester, Vic Smit, Wimpie Jacobs en Pieter Rousseau. Na
verskeie leraars die gemeente bedien het, het die gemeente so gegroei dat
Virginia in 1976 van Welkom gemeente kon afstig . . .
In 2002 word die twee gemeentes weer een en staan voortaan as Goudveld
gemeente bekend. Dit is unieke omstandighede omdat albei plekke deur een leraar
bedien word. Die nood is groot en ons weet dat die Here ons as kanale wil
gebruik om sy seëninge na die Goudveld te bring. Mag ons meer en meer tot sy
beskikking wees.
“Mag elke gemeente en leser sy beste vir Jesus gee – daar waar hy is. Laat ons voortdurend en volhardend vir mekaar bid.”