Goudrif

 

STIGTINGSDATUM:APRIL 1989

LIDMAATTAL: 280

 

Predikante wat die gemeente bedien het: Di. Johan Tolken, Hendrik van Rensburg, Marius van Jaarsveld en tans Johan Besselaar.

 

Geskiedkundige agtergrond: Die gemeente is met 90 lidmate onder leiding van ds. Johan Tolken afgestig van Krugersdorp Moeder­gemeente. Met die aanvanklike 90 lidmate het hulle hul kerk feitlik kontant gebou. In Maart 1990 kon hulle hul kerk­gebou inwy. Binne die bestek van 2½ jaar  vanaf hul stigting, het hul lidmaattal gegroei van 90 tot bykans 300.

 

Kort boodskap van leraar: Mag die Here God, wat die bediening van versoening aan ons as Kerk reeds vir 60 jaar toevertrou het, by ons steeds getrouheid, gewilligheid, onderworpenheid en af­hanklikheid vind sodat ons in die suiwer verkondiging van die Woord kan bly sonder enige kompromie! Mag Hy ook by ons ruimte vind vir groei en vernuwing deur die Heilige Gees soos Hy volgens sy Woord wil.