Germiston

 

STIGTINGSDATUM: 25 Junie 1995

LIDMAATTAL: 65

 

As gevolg van onvoorsiene om­standighede het dit gebeur dat ds. en mev. Colling in die suide van Ger­miston begin werk het. Die werk het los van die Kerk begin. Met verloop van tyd het die werk begin uitbrei en is die Ringkommissie genader om ‘n onselfstandige gemeente alhier te stig.

 

  Die Here het wonderbaarlik in ons behoeftes voorsien ten opsigte van ‘n plek van aanbidding. Ons kon die Voortrekkersaal vir 10 jaar bekom. Tans word onderhandel om die geboue te koop en die Voortrekkers is bereid om die finansiering te doen.

 

  Ons visie is om duisende siele in ons omgewing te bereik vir die koninkryk van God. Ons vertrou ook dat ons binnekort selfstandig sal wees.

 

  Vir sestig jaar het die Here ons Kerk in Suid-Afrika gebruik. Talle lewens is deur die boodskap wat aan ons toevertrou is bereik en beïnvloed. Kom ons vertrou die Here vir predikante, ouderlinge, diakens en lidmate – toegerus met die Heilige Gees om ‘n verskil te maak in die omstandighede van ons land.