George
STIGTINGSDATUM: 22 Januarie 1984
Die gemeente van George is vanjaar
twintig jaar oud. Predikante wat hier diens gedoen het, is: Di. Johan Tolken,
Johan Reiners, Pieter Cronje, Johan Botha en Bill Barkley.
‘n Groep predikante en lidmate van Port Elizabeth en Uitenhage het
gedurende 1983 vir ‘n week in die rondawels van die woonwapark te George
tuisgegaan. Van daar af is daar per voet persoonlike uitnodigings na ‘n reeks
dienste van ds. Johan Tolken uitgedeel. Heerlike tye van gebed is tydens die
uitreik gehou.
Op 22 Augustus 1992 is die kerkgebou ingewy. Teen die einde van 1995 het
die gemeente ‘n groot terugslag gehad, maar die Here het wonderbaarlik
onderneem sodat die gemeente nie alleen herstel het nie, maar van krag tot krag
gegroei het onder die bediening van ds. Johan Botha.
Die groot begeerte van die gemeente is dat elke kind van God ‘n
sielewenner sal wees sodat meer kosbare siele gered kan word voor die wederkoms
van onse Here Jesus.
In Efesiërs 5 vind ons ‘n paar uitstaande kenmerke van ‘n ware
Christus-gemeente.
1. Ordelikheid en onderdanigheid
aan Christus (verse 22-24).
2. Liefdevolle verhoudings wat dien
tot stigting (verse 25-28).
3. Voeding en koestering (vers 29)
4. Standvastigheid, want ons is
lede van een liggaam.
Mag hierdie kenmerke uitstaan in elke gemeente.