Frankfort
STIGTINGSDATUM: 17 FEBRUARIE 1945
Geskiedkundige agtergrond: Op 17 Februarie 1945 is ‘n
gemeente-vergadering in die stadsaal gehou waartydens die gemeente tot stand
gekom het. Dit was die 10de gemeente. Op 9 Februarie 1947 skenk ouderling
Gerrie Cilliers die perseel in Markstraat vir die bou van die kerk. Die
kerkgebou is in 1955 deur ‘n mnr. C. H. Thomas gebou en op 26 November 1955
ingewy. Die gebou is deur die destydse moderator, ds. C. Serfontein, aan die
Here toegewy. Ses predikante en 7 predikantsvroue is uit die gemeente
afkomstig.
Die eerste kerkraad was: S. B. van der Merwe, Gerrie
Cilliers, Cornelis Naudé, Nicolaas Oosthuizen, Cornelis Cilliers, C. G.
Thornhill, G. J. Oosthuizen, George Steynberg, Johannes Bothma, Izak Hatting,
Fanie Combrinck, P. J. Heymans, W. Dyzel, Gert Beukes, Frans Naudé, H. B
Heymans en N. J. P. van Sittert.
Toekomsvisie: Om die hele Noord-Vrystaat te evangeliseer en siele vir God te wen.