Ermelo

 

Die gemeente van Ermelo is rondom die jaar 1959 gestig. Van die stigterslede was oom Hennie Lombard en Jannie Jacobs. Laasgenoemde was ‘n baie bekende politieke figuur, maar na sy ontmoeting met die Here het hy die politiek gelos en die Here voluit gedien. Sy dogter was die eerste bruid wat uit die kerk getroud is.

 

 Tot op hede het 11 predikante die gemeente bedien. Hulle was: di. Naude, Du Plessis, Pretorius, Wessels, Pretorius, Kitching, Prins­loo, Theunissen, Roux, J.A.J. van Rensburg en C. Fereira.

 

 Die kerksaal is in die tyd van ds. Pretorius gebou en staan as die Tjaart Pretorius-saal bekend. Daar is tans ongeveer 119 lidmate in die gemeente.