Ellisras

 

STIGTINGSDATUM: 1986

LIDMAATTAL:125

 

KERKGEBOU EN SAAL IN­GEWY OP 19 OKTOBER 1991

 

Die gemeente is bedien deur di. G. van Eeden, J. van Vuuren en tans M. Madgewick.

 

  Ellisras is betrokke by B.E.S. (Botswana Evangelisasie en Sending) en onderhou tans ‘n predikant wat daar werksaam is. Die sendingkommissie bedryf ‘n Bybelkorrespondensieskool wat gratis kursusse aanbied aan studente regoor Suidelike Afrika.

 

  Ons visie is om getrou volgens Hand.1:8 vanaf hier tot en met die uiterstes van die aarde betrokke te wees in God se saak en die evangelie uit te dra.

 

  Dit is ons gemeente se gebed dat ons Kerk en sy lidmate landwyd vas sal staan op die onfeilbare Woord van God – te midde van aanslae daarteen en verdraaide verklarings daarvan. Ons moet vashou aan die waar­des van die Skrif en nie toelaat dat die boodskap afgewater word tot morele en sedelesse nie. Ons moet vashou aan die Bybelse leer van ‘n heilige en toegewyde lewe. Mag God u seën en u elkeen waarlik heilig wees soos Hy heilig is.