Durban

 

Die Nuwe Protestantse Kerk in Afrika ( nou die Evangelies-Gereformeerde Kerk van Suid-Afrika) het sy oorsprong in hierdie gemeente. Dit is gestig.  op 21 April 1944 deur twee derdes van die Kerkraad van die N.G.Kerk, Smithstraat, Dur­ban.

 

 Verskeie predikante het die gemeente bedien, te wete: Di. Olwagen, Mienie (sr), Woest, Van der Watt, Wilkinson, Van Heerden, Loubser, Barkley, Putter, Smith.

 

 Uit hierdie gemeente is die Indiërsending begin waarin ds. en mev. Woest ‘n baie promi­nente rol gespeel het terwyl hulle hier gearbei het. Die gemeente het ‘n bloeityd beleef  waar­tydens talle siele gered is en die gemeente self ‘n sieraad vir God was. In dié tyd is die kerkgebou o.a. op 21 April 1984 ingewy en talle mense het die eredienste besoek Alhoewel die gemeente tans ‘n laagtepunt beleef, hoop ons om deur die krag van die Heilige Gees te herleef tot ‘n selfstandige gemeente waarin die Here verheerlik word.

 

 Hoewel die gemeenskap hoof­saaklik Engels­sprekend is, is daar tog die bede dat die ge­meente ‘n tuiste kan bied vir die minderheid Afri­kaans­spreken­des.

 

 Ons bede is: Dat die kerk sal beantwoord aan die doel waar­voor hy in die lewe geroep is. Verder, dat elke lidmaat van die Evangelies-Gereformeerde Kerk oral oor sal terugkeer soos Jer. 6:16 ons leer: “So spreek die Here: Staan op die weë en kyk en vra na die ou paaie, waar tog die goeie weg is, en wandel daarin; en julle sal rus vind vir julle siel.”