Centurion

 

STIGTINGSDATUM: 23 MAART 1980

LIDMAATTAL: 405

 

Predikante wat die gemeente bedien het: C. Krige, A. O. I. J. Grundling, B. Barkley,

De Wet Lodewyk, A. Denyschen.

 

Geskiedkundige agtergrond: Daar was ‘n spontane gebedsaksie vanaf 1979 vir die stigting van ‘n E.G. Kerk in hierdie area. In Augustus 1979 het die SEK met ‘n werkkring begin deur die vestiging van student C. Krige in Centurion. Dienste is deur hom in die stadsaal van Irene gehou. Na sy ordening en bevestiging in Januarie 1980, word die gemeente op 23 Maart 1980 met 42 lidmate gestig. Die eerste kerkraad het uit 8 persone bestaan. Reeds in Julie 1981 het die gemeente selfstandig geword. Met die koms van ds. Grundling in Julie 1982, was daar reeds 52 lidmate en die gemeente het deur die jare vinnig gegroei tot 405 lidmate aan die begin van 2004.

 

In Mei 1985 word ,85 hektaar grond in Gloverlaan aangekoop. Op hierdie stuk grond is ‘n kerk, pastorie en ‘n aftree-oord bestaande uit 15 huise gebou. Dit is alles op 11 Maart 1989 aan die Here toegewy. Die gemeente se skuldposisie as gevolg van die ontwikkeling, was R1,4 miljoen. Deur die genade van die Here is die skuldlas so afgewerk dat die ge­meente intussen bykomende grond teen R250 000 kon bekom.

 

Toekomsvisie: Om elke kind van God op te bou en toe te rus ten einde ‘n wêreld te bereik waarvoor Christus gesterf het.

 

Kort boodskap van leraar: Die lig wat die helderste skyn, skyn die verste. Dit is my gebed dat die E.G.Kerk sy lig plaaslik en nasionaal sal laat skyn.