Carletonville
STIGTINGSDATUM: 4 Desember 1954
Geskiedkundige agtergrond: Sover afgelei kan word, is
die gemeente as werkkring uit Krugersdorp gemeente gestig. Baanbrekerswerk is
gedoen en talle siele het hier tot bekering gekom. Op ‘n stadium is daar in die
sogenaamde “Doodskiskerkie” in Granitestraat kerk gehou. Die kerkie is verkoop
en daar is toe van die kerk van die Nasareners gebruik gemaak. Onder die
bediening van ds. Lues is daar begin kyk na geskikte grond en ‘n aanvang is
geneem met die bouwerk. Die bouwerk is onder ds. Grundling voltooi en die
inwyding was op die 10de Februarie 1979.
Toekomsvisie: Ons begeer van harte ‘n Godgewerkte
herlewing in ons midde sodat ons deur sy genade sy oë, mond, hande en voete kan
wees.
Kort boodskap van leraar: Vergeet die verlede en fokus
op Jesus Christus ons Leidsman en die voleinder van ons geloof. Leef die lewe
wat God vir u in sy raadsplan vir u lewe beplan het. Kry u prioriteite reg en u
waardes sal verander en u sal sy seën belewe (2 Kor. 5:17). Lei U my o Heer,
elke tree van die weg, en maak my oë en ore oop vir geleenthede waar ek vir
ander tot seën kan wees deur u liefde en u genade.