Brits

 

STIGTINGSDATUM: 15 September 1985

LIDMAATTAL: 200

 

Die gemeente is bedien deur di. Jurg le Roux, Koot Joubert, Theuns Putter, De Wet Lodewyk en Hennie Prinsloo.

 

  Brits gemeente is gestig met ongeveer 15 lidmate vanuit Pretoria Maranata. Op 1 Julie 1985 het 8 Christene ‘n vergadering in Brits gehou aan huis van mev. Yvonne Cheyene. Onder leiding van ds. Fred Haupt is daar toe besluit om met ‘n gemeente in Brits te begin.

 

  ‘n Moderne en luukse kerkgebou nader nou voltooiing. Die Here het merkwaardig en wonderlik voorsien. Die koste van die gebou beloop tans R1 900 000 (1.9 miljoen Rand) en tot dusver is dit kontant gebou. Loof die Here!

 

  Ons toekomsvisie vir die gemeente is om ‘n lewende en dienende gemeente te wees, wat passievol uitreik met die Evangelie om ‘n impak te maak vir Jesus in Brits en verder. Sy laaste opdrag is ons hoogste prioriteit.

 

  Jesus het gesê: “Kyk, Ek kom gou en my loon is by My, om elkeen te vergeld soos sy werk sal wees.” In die lig hiervan moet ons elke dag gereed en heilig lewe. Maak dit jou lewenstyl om elke dag (1) die Woord te lees en te bepeins, (2) elke dag in gebed deur te bring en (3) elke dag vir Jesus te getuig!